Pretoria Akkommodasie by Trot Inn | LekkeSlaap
+22

Trot Inn

6 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 6 resensies vir Trot Inn
Netheid
3.0/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.5/5
Mientjie V - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Mientjie V
Gesin met klein kinders

Teleurstelling.

Ek was nie baie beïndruk nie. Ek sal beslis nie die plek aanbeveel nie. Dis verwaarloos en stowwerig, die foto's op die webtuiste is nie hoe dit lyk nie, die mure en deure is vuil hande merke - net voorlangs is aan die kant gemaak. Alhoewel dit 'n selfsorg-eenheid is het die prys die volgende ingesluit: "Main bedroom: Prices include tea/coffee/sugar/milk and rusks on arrival. Servicing of unit daily (except on Sundays). Also included is a free demonstration of the Monty Robberts "joining-up" technique with one of our horses in the round pen. Come see how a horse thinks and accepts the human as his master! Bedroom 1: Tea,coffee,milk, sugar and rusks on arrival. Room serviced daily (except sundays). One free demonstration of the Monty Robberts "joining -up" technique with one of our horses in the round pen. Come see how the horse thinks and accepts the human as his master". Ons het nie beskuit, melk, koffie of suiker ontvang nie, die 2 badkamers het 'n ±½ rol toiletpapier gehad vir die naweek. Die skoonmaakdiens het nie eens Vrydagaand se braaigeriewe skoongemaak. Met ons aankoms Vrydag toe ons wou braai moes ons die braai-area skoonmaak, die tafel was wie weet wanneer laas afgevee. Die hek moet oop en toe gestoot word. Die enigste ding waaroor ek nie kan kla is die beddegoed en handdoeke was skoon.

Trot Inn's terugvoer

Goeiedag Mientjie,

Jammer jy het nie 'n lekker ervaring gehad nie. Ek het jou ontvang by aankoms en vir jou ook gesê indien daar enige iets is wat jou pla of jy kort kan jy my persoonlik laat weet of net oorstap na my huis, aangesien ek reg langs die selfsorg eenheid bly. Ek het ook met jou bevestig wanneer my skoonmaakdiens sou inkom en volgens jou program gereël en indien daar enige iets was wat jy sou verlang, my skoonmaakdiens dit vir jou sou doen? Weereens jy het ook nie daarvan gebruik gemaak nie. Die ekstra toilet papier is in die badkamerkaste en daar was 'n ekstra rol bo op elke toilet. Daar was koffie sakkies, suiker sakkies in die blikkies en was genoeg vir 4 mense oor die tydperk.

Trot Inn groete
Danie

Trot Inn
Benita R - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Benita R
Gesin met klein kinders

Baie lekker verblyf. Die diere op die plot is goeie vermaak vir kinders!

Ons het ons verblyf baie geniet. Dit was goed geleë vir ons doel en gemaklik ingerig.

Anel S - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anel S
Gesin met tieners

Stilte. Spasie en vrede.

Voorwaar 'n gemaklike verblyf. My dogter het haar matriekafskeid in Montana gehad. Ons het voor die tyd foto's geneem in die tuin. Die jonges het na die tyd koffie gedrink en pool gespeel voor hul almal huis toe is.

Casper B - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Casper B
Gesin met tieners

Ons geniet dit om by Trot Inn te slaap, en sal beslis weer daar bly.

Kan die plek enige tyd aanbeveel vir mense wat van stilte hou. Baie rustige omgewing.

Leo D - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leo D
Gesin met tieners

Pragtig en stil met vriendelike staf. Ek sal definitief weer daarnatoe gaan.

Dit was 'n fantastiese plek om te bly. Dit voel asof mens op die plaas is met pragtige perde wat om die huis wei. Ek sal dit beslis aanbeveel.

Trot Inn's terugvoer

Baie dankie! Ons harte klop sommer warm as ons gaste tevrede is! En ons "plaas atmosfeer" sal almal sommer gou laat tuis voel!

Trot Inn
Hilda V - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Hilda V
Enkelreisiger

Aaklig!

Ek loop met behulp van 'n kruk en elke aand wat ek by die gastehuis aangekom het, was alles donker. Daar het nie 'n buitelig het geskyn nie en ook geen lig in die huis nie. Ek moes met behulp van die lig van my selfoon van die parkering na die huis sukkel. Daar is een gemeenskaplike badkamer met n stort/wasbak/bad/toilet. Die lig in die badkamer werk nie en daar is nie 'n sleutel vir die badkamer nie. Met my aankoms was die vuil skottelgoed in die gemeenskaplike kombuis opgestapel en vuil water het in die wasbak gestaan. Ek is 'n nie-roker. Die huis stink na ou rook. Daar is slegs 'n gesighanddoek beskikbaar. Daar is geen lugreëling/waaier/verwarmer nie. En die ergste, daar is geen diens nie.

Trot Inn's terugvoer

Die eienaar van Trot Inn was persoonlik daar om die sleutel aan die gas te oorhandig. Hulp is aangebied om te help om tasse in te bring, maar dit is van die hand gewys. Die eenheid is n selfsorg eenheid. Indien gaste weet dat hulle laat saans by die eenheid gaan aankom, moet hulle self die buiteligte aansit voordat hulle die eenheid verlaat. Twee van die enkelkamers deel n badkamer, waarvan die gas bewus was toe die bespreking gemaak is. Tydens die gas se verblyf was daar geen ander persone nie, dus was daar niemand anders wat kon pla in die badkamer nie. Daar is wel nou n sleutel vir die badkamer. Die lig in die badkamer werk wel, maar sal nie werk tydens load shedding nie. Daar is ook 'n nie-rook teken in die huis. Daar word 'n gesighanddoek en n badhanddoek gegee vir alle gaste. Daar is ook dakwaaiers in die dakke van al die kamers en ook in die leefvertrek. Die gas kon dit moontlik misgekyk het.

Trot Inn
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hamerkop-singel 90 A, Montana Estates, Doornpoort, 0017, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY5MDA4MDk3LWVmM2ItNDUxZC1hZjUyLWE1ODc3MjIwZjA0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 4 90 A Hamerkop Crescent Montana Estates 0017 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.659307046381 28.269521873954
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za