Graaff-Reinet Akkommodasie by True Karoo Cottage | LekkeSlaap
+18

True Karoo Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caledonstraat 128, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 285 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

True Karoo Cottage is 'n Karoo-kothuis wat pragtig opgeknap is en in Graaff-Reinet, die sogenaamde juweel van die Karoo, geleë is. Hierdie pragtige, historiese dorp is die enigste dorp in Suid-Afrika wat feitlik omring is deur die Camdeboo Nasionale Park waar die wêreldbekende Vallei van Verlatenheid ook geleë is.

Die kothuis het 2 en suite-slaapkamers: 1 kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer is ruim en het 'n stort.

Die ruim leefarea het 'n eetarea en 'n platskerm-TV. Die plaaskombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n elektriese oond, gasstoof, yskas-vrieskas en mikrogolfoond in. Die kombuis lei na die onderdak-braaiplek met uitsigte oor die Camdeboo-berge. Daar is veilige parkeerplek van die straat af agter deure wat met 'n afstandbeheer werk.

Die kothuis is gerieflik binne loopafstand van restaurante, die Reinett-huis, museums en die geskiedkundige Drostdy Hotel af. Bergfietsry is die ideale manier om Graaff-Reinet te verken. Daar is 'n bergfiets wat gaste gratis kan gebruik. Ons is 5 km van Camdeboo Nasionale Park en die Vallei van Verlatenheid af geleë.

Slaapplek

’n Bespreking by True Karoo Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 5 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 10 resensies vir True Karoo Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Caledonstraat 128, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink True Karoo Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 285
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 285
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Caledonstraat 128, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNmNTI5MzVjLTEzZWYtNGNiZC04NzAxLTQ4NmRhMzI5ZjU4NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 285  per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 128 Caledon Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.2509474 24.5274274
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za