T&T by the Sea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

T&T by the Sea se gaste-eenhede is deel van 'n privaat perseel 200 m van die afgeleë Spiros Rocks-strand in die subtropiese kusdorp Port Edward in KwaZulu-Natal af. Daar is nie 'n see-uitsig nie, maar die see is net 5 minute se stap van die kothuis af.

Verblyf is beskikbaar 2 selfsorg-eenhede. Die kothuis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en die ateljeewoonstel het slaapplek vir 2. Die oopplan-kothuis beskik oor 'n kombuis, eetarea, sitarea en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 2 skakelslaapkamers, waarvan die eerste een 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort het, en die tweede een het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is 'n stapelbed in die sitkamer vir 2 kinders.

Die ateljeewoonstel is 'n vrystaande oopplan-kamer met 'n dubbelbed, eet- en sitarea, kombuis-toonbank en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Gaste is welkom om hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring.

Die klein tuin aan die agterkant van die huis het 'n gemeenskaplike kuier-area met 'n braaiplek en toonbank, sowel as 'n betonbankie om die vuurput. Van hiér af het gaste 'n duidelike uitsig oor die see. Daar is skaduparkeerplek vir 1 voertuig per eenheid by die 2 sekuriteitsdeure, sowel as ekstra parkeerplek in die tuin vir 'n boot of tweede voertuig.

Daar is inwoners in die hoofhuis wat deur middel van 'n beskutte binnehof van die gaste-eenhede geskei is. Die eienaars is te alle tye beskikbaar, maar gaste sal definitief privaatheid hê. Die binnehof het wasgoedlyne, 'n buite-warmwaterwasbak en 'n koue stort waar gaste die seesand kan afspoel.

Dit is ideaal geleë naby die Oos-Kaap en Wildekus se grens. Spiros se pieragtige rotsformasie is 'n gewilde visvangbestemming en die klein beskutte strand is veilig en pret vir alle ouderdomme.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na T&T By The Sea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false