Middelburg Akkommodasie by Tudor Manor Guest House | LekkeSlaap
+21

Tudor Manor Guest House

7 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesstraat 6A, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tudor Manor Guest House is gerieflik geleë in die middel van Middelburg in Mpumalanga. Dit is die ideale verblyf vir diegene wat op pad is na Mosambiek, die manjifieke Panorama-roete en die Nasionale Krugerwildtuin.

Verblyf word in 8 smaakvol versierde suites gebied. Elke suite is uniek versier met rustieke, afgewitte meubels en is ingerig met 'n enkelbed, 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed, en kraakwit linne. Handdoeke word voorsien. Die kamers het gerieflikheidshalwe elkeen 'n TV met DStv, 'n verwarmer, 'n waaier, 'n kluis en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak.

WiFi en kredietkaartgeriewe is op die perseel beskikbaar.

Die gastehuis kan help met korporatiewe funksies en privaat geleenthede. Die onthaalvertrek is ideaal vir klein groepe van altesaam 12 gaste en dit is ideaal geleë vir funksies en alledaagse sakevergaderings. Pakkette kan pasgemaak word alle geleenthede, soos heerlike vingerhappies vir groepbesprekings, informele oggendtee of voorgeregskinkborde vir drankies in die middag. Spysenieringsreëlings kan getref word vir spesiale versoeke. Die gastehuis kan reëlings tref met 'n plaaslike bloemiste om 'n ruiker of spesiale pakkie met 'n blomrangskikking, ballonne, 'n klein koek en/of boks sjokolade op te maak vir 'n verjaarsdag of huweliksherdenking.

Die gastehuis is stapafstand van die Middelburg Hospitaal en die Middelburg Country Club met sy 18 putjie-gholfbaan af geleë. Dit is net 'n kort entjie se ry van die winkelsentrums en die middedorp af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 7 resensies vir Tudor Manor Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Wesstraat 6A, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Tudor Manor Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesstraat 6A, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNkYWY5YzE4LTk1ZjEtNDQzMS05NDE1LTJjZGRlZDJlNTFiYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 6A West Street Clubville 1050 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.773240368817 29.450785070658
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za