Tuishuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tuishuis is in 1970 gebou en is in die Hantam-dorpie, Calvinia geleë. Dis halfpad tussen Kaapstad en Upington, onderweg na die Kgalagadi. Dié huis is geskik vir 'n familie of groep vriende.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die kamers is gemeubileerd met oorspronklike antieke meubels. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed.

Daar is 'n oopplan-leefarea met 'n sit- en eetkamer. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. Die kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, breekware en eetgerei asook braaigeriewe. Afdrooglappe en handdoeke word voorsien.

Veilige parkeerplek word in 'n toesluitmotorhuis gebied. Die boord agter die huis het Karoo-vye, turksvye, lemoene en granate.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tuishuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 750 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za