Tulani Bushveld Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tulani Bushveld Safari Lodge is in 'n privaat natuurreservaat geleë en vorm deel van die groter Krugerwildtuin naby Phalaborwa. Let asb. daarop dat daar geen heining tussen die reservaat en die Krugerwildtuin is nie. Die bestemming is die middelpunt van wildkyktoerisme en is 'n ideale basis vanwaar die Krugerwildtuin en talle natuurlike, historiese en kulturele besienswaardighede verken kan word.

Dié verblyf bestaan uit 6 aparte grasdak-kothuise met slaapplek vir 2 gaste wat ideaal is vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige bosveld-wegbreek. Daar is 2 eenhede met koninggrootte-beddens en 4 eenhede met 2 enkelbeddens. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort en ander geriewe sluit lugversorging, plafonwaaiers, 'n yskas en ingeboude kaste in. 4 van die eenhede kan in 2 gesinseenhede omskep word, wat elk 2 slaapkamers met tussendeure het. Dit kan vooraf gereël word.

Die losstaande leefarea het 'n kombuis en is apart van die kothuise. Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 2 yskaste, 'n diepvries, 2 gasstowe, dubbeloonde, broodrooster, ketel en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n TV met DStv, 'n braai-area en 2 etenstafels. Die sitkamer het 'n lieflike dek met 'n boma en 'n uitsig oor die reservaat.

Gaste kan afkoel in die plonspoel of doendinge soos wildritte, wild- en voëlkyk op die plaas, of daguitstappies na die Krugerwildtuin geniet.

'n Minimum van 6 gaste word per bespreking toegelaat en elke eenheid moet as 'n geheel bespreek word. Let asb. daarop dat die tariewe bepaal word deur die hoeveelheid gaste wat bespreek.

Slaapplek

'n Bespreking by Tulani Bushveld Safari Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tulani Bushveld Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 800 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za