Tullyallen Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tullyallen Apartment bied selfsorgverblyf in die lowerryke voorstad Rondebosch in Kaapstad. Dis naby restaurante, winkels en die Universiteit van Kaapstad se bushalte.

Die woonstel is ten volle gemeubileer en is op die eienaar se perseel, maar met 'n privaat ingang. Dit het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, bedtafeltjies met lampies en 'n plafonwaaier. Die kaste in die kamer bied oorgenoeg pakruimte, asook 'n haardroër en 'n elektroniese kluis vir waardevolle items. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Bad- en gesighanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis het 'n eiland met kroegstoele waar gaste kan sit en eet en is toegerus met basiese eetgerei, kooktoebehore, breekware, 'n mikrogolf met konveksie oond, tweeplaatstoof, broodrooster, ketel, potte, panne en 'n yskassie. Die sitkamer het 'n TV met DStv en Franse dubbeldeure lei na 'n stoepie met 'n tafel en stoele.

Daar is braaigeriewe in die klein binnehof. Gratis WiFi is in die woonstel beskikbaar en daar is parkeerplek in die straat.

Slaapplek

'n Bespreking by Tullyallen Apartment sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tullyallen Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za