Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Turnberry Boutique Hotel

Hotel
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Apr 2024 tot 30 Apr 2024.

  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. John-straat 130, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 180 R1 062 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Turnberry Boutique Hotel is 'n veilige hawe waar jy gemak en luuksheid kan ervaar in die hartjie van Oudtshoorn. Die vierster-boetiekhotel is bekend vir hul kamers wat pragtig versier is en hul kroeg en restaurant wat 'n Skotse tema het.

Dié hotel is die perfekte plek vir reisigers wat die skoonheid van die Klein Karoo wil verken. Daar is verskeie trekpleisters in die omgewing soos die Swartberge, volstruis skouplase, olifante en leeus wat gevoer word en Meerkat Safaris. Gaste kan ook die UNESCO Wêrelderfenisgebied, die Swartbergpas gaan besoek, gaan wyn-, bier- en ginproe, bergfiets ry, zipline en op 'n toer deur die Kangogrotte gaan.

Daar is 6 verskillede tipe kamers by die hotel wat versier is om 'n ontspannende atmosfeer te skep. Daar is Klassieke Dubbelkamers, Luukse Gesinsuites, Luukse Dubbelkamers, Luukse Tuinkamers met 2 enkelbeddens, Luukse kamers met 2 enkelbeddens of die Presidensiële-suite.

Geriewe in die kamers sluit lugversorging, 'n telefoon, 'n TV met DStv, kluis, yskassie met voorraad, tee- en koffiemaakgeriewe in. Die kamers het elk 'n dubbelbed met kraakvars, wit lakens en 'n en suite-badkamer. Daar is WiFi is elke kamer.

Gaste kan 'n unieke Klein Karoo-braai langs die vuur ervaar ? en nie net 'n maaltyd nie, maar 'n regte Suid-Afrikaanse ervaring met kos, musiek en kultuur. Vriende en familie kan kuier terwyl daar boeremusiek in die agtergrond speel en gebraai word. Bespreek aandetes vooraf om seker te maak jy mis nie uit nie. Daar kan vir 10 of meer mense op 'n slag gebraai word andersins is daar 'n vasgestelde spyskaart vir minder as 10 mense. Volstruisvleis is altyd 'n opsie.

Die Turnberry-kroeg het 'n Skote tema en bedien een van die koudste biere in die Suidelike-Halfrond. Daar is verskeie plaaslike en ingevoerde drankies om van te kies, plaaslike boetiek-brouerye en plaaslike boetiekgins. Sportliefhebbers kan 'n drankie geniet terwyl hulle sport op een van die platskerm-TV's kyk.

Die hotel het 'n wonderlike plonspoel vir die warm somersdae met lieflike sonstoele. Veilige parkeerplek word voorsien.

Die Boet Schnetler Konferensie Sentrum is perfek vir vergaderings, voorleggings, toekeningseremonies, troues en sake-konferensies. Daar is sitplek vir 80 tot 100 mense afhangende van die kamer-uitleg en al die nodige toerusting is op versoek beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 36 resensies vir Turnberry Boutique Hotel
Netheid
4.0/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • St. John-straat 130, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Turnberry Boutique Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 180
R1 180 R1 062
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 180
R1 180 R1 062
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. John-straat 130, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMwNjE4ZWJiLWVlMDYtNGVlNi1hYmE0LTE4NmQwMDNjMzVmZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 180 nouVanaf R1 062 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 130 St John Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -33.590239586063 22.202306985855