Tuscany @ Sea 4

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 11 Nov 2019 tot 26 Des 2019.

Beskrywing

Tuscany @ Sea 4 is in 'n sekuriteitskompleks in Tergniet en is lekker naby die strand.

Dié eenheid bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Albei badkamers het 'n stort. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea het 'n tafel met 2 bankies, en 'n binnebraai. Die sitarea het 'n sitkamerstel en daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.

Die leefarea lei na 'n klein tuin met 'n vuurput en sitplek.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Tergnietstrand, die Tuinroete Casino, Kingswood Gholflandgoed, die Tuinroete Botaniese Tuine en verskeie voetslaanroetes in.

Slaapplek

'n Bespreking by Tuscany @ Sea 4 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tuscany @ Sea 4 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 R2 070 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af. Geldig vanaf 11 Nov 2019 tot 26 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za