Tuskers Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tuskers Lodge is 'n selfsorg-dubbelverdiepinghuis in die Mabalingwe Natuurreservaat sowat 35 kilometer van Bela-Bela af. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n gerieflike wegbreekplek in die bos, ver van die stad af.

Dié lodge is volledig gemeubileer en het 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamers het óf 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n stort en/of 'n bad, wasbak en toilet in die badkamers. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Die vermaakarea op die onderste verdieping het 'n pooltafel en Jacuzzi en op die boonste verdieping is daar 'n dek met braaigeriewe wat gaste kan gebruik. Daar is gemeenskaplike swembaddens, tennis- en muurbalbane, 'n putt-putt-baan, plaaswinkel en 'n kroeg by die kompleks se hoofarea wat 'n entjie se ry hiervandaan is.

Wildritte en wildkyk op die perseel kan gereël word. Gaste kan ook self rondry en wild besigtig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Jacuzzi
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tuskers Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za