LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tweedekans Game Farm | LekkeSlaap
+21

Tweedekans Game Farm

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 36 resensies vir Tweedekans Game Farm
Netheid
3.7/5
Diens
3.3/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.8/5
Ilsa L - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ilsa L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige atmosfeer.

Bakkie word aanbeveel. Neem vuurhoutjies vir gasstoof. Ons het niks vis gevang nie, maar oupa en kleinseun het die fietsry geniet.

Hannes V - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Hannes V
Enkelreisiger

Blyplek netjies, maar:

Braaiplek baie vuil en moes dit self skoonmaak. Houtbank en tafel in swak toestand. Vorige mense se vuilgoed nog netso langs braai. Moet ook dit duidelik maak dat jy teen jou bure is.

Gert J - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Gert J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie privaat en rustige plaaslewe.

Rustige en stil plaaslewe met damme naby en plaasdiere saans. Sal enige tyd weer daar tuisgaan.

Annemarie K - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Annemarie K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Asemrowende uitsig en rustigheid.

Binnekant van eenheid was goed toegerus en netjies. Uiters gemaklike beddens vir rustige slaap. Braaigeriewe is onprakties, veral as dit reën. Geen beskerming daarvoor.

Elizabeth Gertruida F - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Elizabeth Gertruida F
Gesin met tieners

Baie mooi, gerieflike, privaat behuising.

Die plekkie was pragtig, netjies en gerieflik. Die slaap/rusbank vir die 4de gas is net nie baie prakties nie en baie ongemaklik om op te slaap. Dit is ook nie so gerieflik om jou tiener kind by jou in die kamer te laat slaap nie. Ons beveel stapelbedjies in die woonkamer aan, daar is plek daarvoor. Verder het ons die verblyf geniet.

Johannes D - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Johannes D
Saam met vriende

Geen diens.

Geen diens. Goeie ligging, maar onversorg.

Sharon H - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Sharon H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit is vreeslik rustig op die plaas.

Ek en my man was by Tweedekans Game Farm vir 'n rustige naweekwegbreek vir sy verjaarsdag. Die rustigheid is net wat ons nodig gehad het. Dit is ook prentjiemooi daar en ons het die skapies geniet wat rustig daar rondgewei het. Ons sal definitief weer na Tweedekans Game Farm toe gaan en sal dit enige tyd aanbeveel as iemand rustigheid kort. Ek sal net aanbeveel dat 'n mens wel 'n bakkie of 4x4 moet ry, want die pad is bietjie rof.

Yolandi J - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Yolandi J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Snoesig, warm en rustig.

Perfekte plek as jy wil ontsnap van die stad se gedruis. Die plekkie was netjies en is goed geleë. Ideale plek vir paartjies, gesinne en groepe vriende. Sal vir seker weer Tweedekans Game Farm besoek! Dankie Louwtjie!

Sylvia V - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Sylvia V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker, stil en rustig.

Dit was baie stil en rustig sonder TV en data ontvangs. Die omgewing om die damme was baie ruig wat dit moeilik gemaak het om met vlieg uitrusting te vang. Niks het in elk geval gebyt nie. Dit was regtig soos om op 'n plaas te bly.

August P - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
August P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Geen selfoon ontvangs om die rustige atmosfeer te versteur.

Wat ‘n lekker wegbreek. Die grondpad na die plaas sou makliker gewees het met ‘n 4x4 voertuig. Lekker gerus en pragtige natuurskoon.

Waldemar C - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Waldemar C
Gesin met klein kinders

Verwagting van die Dullstroom-area was onderskat.

Pad vanaf grondpad moeilik om te ry met 'n gewone kar. Gebou se dekor is baie koud. Venster in kamer is te hoog en kan geen natuur sien. Gas was leeg met aankoms.

Tweedekans Game Farm's terugvoer

Hi Waldemar,

Baie dankie vir jou resensie.

Tydens ons telefoniese gesprek vandag het jy genoem dat jy 'n bakkie ry en die pad eintlik geniet het, maar jy dink dat 'n normale kar sou sukkel om die pad te ry. Ons sukkel al vir jare met die TPA om ons paaie meer gereeld te skraap en ons kom nie reg met hulle nie.

Amal se smaak op dekor verskil en nie amal hou van dieselfde dekor style nie. Indien jy enige voorstelle het vir beter dekor gee dit asb. deur vir ons.

Daar is 'n 2.4 m glas skuif deur wat 'n mens kan deur sien en die natuur gewaar, daar is ook 'n stoep met 2 stoele waar mens rustig kan sit en die natuur geniet.

Jy het vandag ook genoem dat die gasbottel leeg was en soos ek verduidelik het is daar nie 'n meter op die bottel wat vir jou sê dat hy leeg is nie, daarom gebruik ons die bottels tot hulle leeg is en dan vervang ons hulle, in julle geval was die bottel dadelik vervang met 'n nuwe een wat vol was.

Jy het ook genoem dat behalwe vir die bogenoemde was die eenheid netjies en skoon maar jy gee vir ons 1 ster vir skoonheid op die resensie.

Die ligging van die plaas is duidelik uiteengesit op die advertensie en daarom moet elke mens wat bespreek weet waar die plaas is.

Op klante diens gee jy ons 1ster, maar daar was dan geen klagtes van julle kant af toe julle hier gekuier het nie. Ons is meer as bereidwillig om uit ons pad te gaan om ons klante gelukkig te hou en dit vir hulle so aangenaam as moontlik te maak sodat hulle weer sal terugkom.

Ons vra omverskoning as dit vir julle ongerieflik was, indien julle 'n probleem gehad het moes julle ons verwittig het van dit.

Groete,
Tweedekans Bestuur.

Tweedekans Game Farm
Michael V - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik.

Wonderlike, vriendelike diens.

Jaco J - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies, gerieflik en stil.

Ek sal Tweedekaans aanbeveel vir enige persoon of persone wat 'n bietjie uit die stadslawaai wil uitkom. Dit was sekerlik die mees gerieflikste plekkie waar ons nog by was. Skoon, stil, afgesonder, rustig en al die huishoudelike benodighede is alreeds daar. Al wat jy hoef te bring is jou kos, decoder (sou jy wil DStv kyk), pak af en geniet. Een terugval, die plaaspad is nie vir normale voertuie nie, bakkies is benodig. Ek sal sonder 'n tweede gedagte weer daar by Tweedekans gaan bly.

Tertius K - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Tertius K
Gesin met tieners

Lekker rustige plekkie ver van die geraas.

Die slegte grondpad het my bietjie bekommerd gehad maar die volledig toegeruste huis met moderne dekor en pragtige uitsig oor die dam en berge het meer as opgemaak.

Nicolene R - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Nicolene R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beeldskoon en rustig.

Baie netjiese verblyf. Vriendelike personeel en baie rustige atmosfeer. Vis is vollop en ons het lekker gevang. Daaglikse stokfooi is bietjie duur en kg prys vir vis hou is ook bietjie rof, anders as dit is dit baie gerieflik. Sal enige tyd weer teruggaan.

Marise K - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marise K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Stil en rustig.

Baie baie dankie Louwtjie dat ons jou plaas kon gebruik vir ons langnaweek wegbreek. Die ligging is perfek, ver genoeg uit die dorp sodat ons die stilte en rustigheid kon geniet, maar ook naby genoeg dat ons gou kan in ry sou ons nie lus wees vir kos maak nie. Ons was baie beïndruk met die netheid en kwaliteit van die eenheid wat ons in gebly het, daar was alles wat ons nodig gehad het en het niks te kort gekom nie. Die uitsig oor die damme en vlaktes was ook prentjiemooi. Weereens baie baie dankie dit was amazing!

Amore E - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Amore E
Gesin met klein kinders

Die hele plek is vol mould.

Die plek is op 'n plaas 11 km van die grondpad af. Dis baie verlate en die mure is vol mould. Kon nie asem haal nie. Moes in my kar slaap en ander akkommodasie soek.

Anita L - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita L
Gesin met tieners

As jy na stilte soek met die natuur om jou is dit die plek. Ons sal die plaas beslis weer besoek.

Die foreldam is reg voor die chalet. Pragtige chalet met 'n mooi stoep om op te kuier. Chalet netjies ingerig met alles wat nodig is. Die grondpad is nie erg nie en dit is nie te ver van Dullstroom nie. Ons sal dit beslis aanbeveel en weer besoek.

Tweedekans Game Farm's terugvoer

Hi Anita.

Baie dankie vir julle kuier by ons, ons is bly julle het dit geniet.

Dit is altyd lekker om sulke terugvoer te kry.

Groete.

Tweedekans Game Farm
Lize S - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lize S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gekuier. Plek baie mooi en skoon. Wonderlike plek vir 'n wegbreek en om so 'n bietjie sielsrus te kry.

Dit was 'n wonderlike ervaring. Ons het heerlik gekuier en sou beslis daarvan hou om bietjie langer te bly.

Maureen A - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Maureen A
Gesin met klein kinders

Ongelukkig was die plek nie skoon nie en stoel binne en tafel buite is stukkend.

Venster se handvatsel af. Pan was vuil en gemuf in kas. Miergif oral in kombuis. Geen ontvangs.

Tweedekans Game Farm's terugvoer

Goeie Dag.
Ons het opgevolg op die resensie en die volgende gevind met die ondersoek van die eenheid.
• Die eenheid was deeglik skoongemaak voordat julle gearriveer het.
• Die een kombuis stoel, is inderdaad stukkend en klaar weer reg gemaak.
• Die buite tafel op die stoep, is nie stukkend en heeltemal in 'n goeie kondisie.
• Die Pan was wel nie meer in 'n goeie toestand nie en al die potte en panne is vervang in die eenheid.
• Die nattigheid in die kas , is agv die hoë humiditeit in die omgewing, ons werk aan 'n plan om dit reg te stel.
• Ons besit nie miergif op die plaas nie, en ons het nog geen probleem met miere gehad nie, die is vir ons 'n ernstige aantuiging omdat miergif hoogs giftig is en dat daar gesê word dit was in die kombuis wat nie waar is nie.
• Wat ontvangs aanbetref - een van ons werknemers was op die eiendom om die gaste te ontvang aangesien ons by 'n belangrike vergadering moes wees.

Tweedekans Game Farm
Gertjie D - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Gertjie D
Gesin met tieners

Disappointing!

The accommodation wasn't up to standard as advertised on LekkeSlaap. The bathroom door couldn't close. The dishcloths and washing rag in the kitchen were old! The room smelt like a straw house. There were 2 additional sleeper couches with duvets, but only one sheet. And the bedding in die main bedroom wasn't fresh. We booked for 2 nights and paid but left after one night! It was very disappointing!

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Teleurstellend!

Die verblyf is glad nie op die standaard wat ek leer ken het met LekkeSlaap nie. Die badkamer se deur kon nie toemaak nie. Die vadoeke en waslappie by kombuis was oud! Met instap in die verblyf ruik die eenheid amper soos 'n stroois. Daar is 2 addisionele slaapbanke met duvets, maar slegs een laken. En die beddegoed in die hoofslaapkamer was ook nie vars nie. Ons het vir 2 aande bespreek en betaal, maar is na die eerste aand huis toe! Dit was 'n bittere teleurstelling!

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Tweedekans Game Farm's terugvoer

Goeie Dag Gertjie.
Die resensie is vir my nogal skokkend. Ek het toe julle vertrek het vir julle gevra of daar iets fout was of enige voorstelle vir die eenhede, waarop julle vir my geantwoord het nee, behalwe dat die ander mense gekla het oor die pad. Ek was dieselfde dag van julle vertrek in die eenheid gewees, en ek kan stry dat die eenheid nie soos stroois geruik het nie.
Ek het opgelet die deur kan nie toemaak nie en sal aandag gee daaraan. Ek kan jou verseker dat daar elke week nuwe vars beddegoed op die beddens gesit word en die opwas lappie en vadoeke word weekliks vervang met skoon en vars lappies en vadoeke. Daar was wel nog 'n laken in die laai van hangkas.

Daar was ook geen kontak gemaak met my oor enige klagtes nie , ons kan net probleme oplos as daar vir ons gesê word van dit.

Jammer vir die ongerief.

Tweedekans Game Farm
Elmi D - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
0/5
Diens
0/5
Ligging
0/5
Veiligheid
0/5
Waarde vir geld
0/5
Elmi D

Geen waarde vir geld, daar bestaan nie kliëntediens nie.

Sien sterre

Koos C - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Koos C
Gesin met klein kinders

Idillies!

Baie gerieflik, skoon, lekker groot. Was mal oor die stoep met die braaigeriewe en pragtige uitsig!

Lafras S - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lafras S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustige plekkie, nie vir raserige mense.

Die plekkie op die foto is die eienaar se huis en nie die chalets nie. Party mense sal nie van die grondpad hou nie, maar ek het nie probleem daarmee nie. Moet eie DStv-decoder saam vat as TV vir jou belangrik is. Het die geluide van die kolganse nogal geniet. Regtig baie rustig, met die basiese noodsaaklike geriewe.

Sue M - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Sue M
Saam met eggenoot / lewensmaat

The unit was definitely not suitable for 3 adults.

The gas ran out on Saturday morning - surely gas levels are checked prior to guests arriving. The unit is not suitable for more than 2 adults. The tiny amount of dishwashing liquid (watered down) was ridiculous. And seeing that there were only 4 plates, knives, forks etc. the washing up was a necessity. The kitchen cloths were dirty on arrival.

Johan R - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
3/5
Johan R
Saam met vriende

Verblyf nie op standaard.

Aanwysings na verblyf pateties.Geen behoorlike naamborde wat plek aandui. Grondpad na plek baie sleg.moet verkieslik nie met sedan voertuig aangedurf word nie.

Harry V - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Harry V
Gesin met tieners

Heerlike wegbreek met pragtige uitsig.

Baie lekker gekuier met oorvloed rus en stilte. Gasvryheid uit die boonste rakke. Julle sien ons definitief weer.

Magnus P - Okt 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magnus P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige plaas-atmosfeer, perfek om weg te kom van al die gejaag.

Die eenheid was baie netjies en ons het ons tyd hier geniet. Lekker wegbreek plek. 15 min van Dullstroom af.

Cj D - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cj D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Alles wat jy nodig het en die kaggel maak die blyplek lekker warm in die aande.

Baie rustig en mooi plek. Visvangdamme uit die boonste rakke. Die grondpad bietjie sleg, maar anders is dit 'n baie lekker plek.

Pat S - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Pat S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige plek - bestuur moet opgeknap word, maar die eienaar is baie vriendelik.

Ons moes lank wag by die hek na die telefoonoproep. Ons het geweet dat die huis nie gediens is nie, maar daar was nie 'n besem om uit te vee nie en met die reën vroeg die naweek het die sitkamer vuil geword. Daar was nie genoeg drinkwater en toiletpapier nie. Die vensters en stort kort 'n skoon maak.

Tweedekans Game Farm's terugvoer

Goeie Dag,

Baie dankie vir die terugvoer. Ons maak dadelik 'n punt daarvan on die probleem op te los.

Ons vra om verskoning vir die ongerief.

Groete,
Tweedekans-bestuur

Tweedekans Game Farm
Alrika B - Mei 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alrika B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, pragtig, PERFEK!

Ideale plek om jou battery te herlaai! Beeldskone omgewing en elke aand se sonsondergang is asemrowend! Dit is ook perfek geleë - nie te ver om te ry nie. Ek sal dit beslis 'n gereelde naweekbestemming maak.

Genevieve F - Jul 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Genevieve F
Gesin met klein kinders

Die visvang was fantasties. Die huisie was baie netjies en skoon en baie goed toegerus.

Die personeel was baie vriendelik.

Anelia R - Jun 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
4/5
Anelia R
Saam met vriende

'n Rustige verblyf met pragtige uitsig. Lekker vir visvang!

Die verblyf was goed en die dam het baie vis. Daar was 'n paar dinge wat aandag gekort het, bv. dat daar nie genoeg hout beskikbaar was die eerste dag nie. Die kraanwater lyk nie drinkbaar nie, maar dit is nerens aangedui nie. Ons sal weer gaan.

Hein B - Jun 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hein B
Gesin met klein kinders

Tweedekans se forelvisvang is van die beste wat ek in 20 jaar in Dullstroom ervaar het.

Die huis is funksioneel en alles werk goed. Die visvang is uitstekend. Die koelte kan aangevul word deur groot patio-sambrele. Die een stort se druk is 'n bietjie laag. Baie hulpvaardige personeel op terrein. Ek beveel Tweedekans aan sonder skroom.

Eugene V - Mei 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eugene V
Saam met vriende

Lekke!

Sien die sterre hieronder.

Verona L - Mrt 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Verona L

Lekke!

Sien die sterre hieronder.

Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandsfontein Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVjZjAxMDZmLTEyMGEtNGZjYy04ZjdlLTk3ZDliYjI0OGYzYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 36 5 1 4 Farm Elandsfontein Dullstroom 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.558393486127 30.142707824707
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!