Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tweefontein House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N9, Kamdeboo, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 790 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Tweefontein House skuil aan die voet van die Lootsbergpas 57 km buite Graaff-Reinet en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n geskiedkundige plaashuis. Dié huis spog met baie van sy oorspronklike afwerkings soos houtplafonne en sementvloere. Tweefontein House is sowat 39 km van Nieu-Bethesda en 54,7 km van die Kamdeboo Nasionale Park af.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ruim kombuis, 2 sitareas, 'n voor- en agterstoep en tafels waar gaste buitelugetes kan geniet. Daar is 'n nuutgeboude kuierarea met 'n yskas en vrieskas vir langtermyngaste.

Daar is 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens, 1 slaapkamer met 3 enkelbeddens en 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Beide bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die huis het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n knus kaggel in een van die sitareas.

Met die Merino-skape en beeste op die perseel word troeteldiere ongelukkig nie toegelaat nie.

Die berge in die omtrek is ideaal vir voetslaan of gaste kan voëlkyk op die nabye damwal en die rus en vrede van die Karoo inneem. Die Bergkwagga Nasionale Park is sowat 93,8 km ver op die R61 na Nxuba (Cradock) en die Kamdeboo Nasionale Park. Besoek die Vallei van Verlatenheid sowat 72 km vanaf die N9 en Nieu-Bethesda met sy bekende Uilhuis wink ook.

Slaapplek

’n Bespreking by Tweefontein House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 21 resensies vir Tweefontein House
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Langs die N9, Kamdeboo, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Tweefontein House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 790
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R2 790
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N9, Kamdeboo, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA435f36998b38dcc407a2fc3104908b26ea162433cca02d79ffed56873cbe43d3f8538e30f8fc7c337cf856493c2e42c8c1b4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 790 per nag, vir 9 mense 21 5 1 5 Off the N9 Camdeboo 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.853033192384 24.843461288361