Kaapstad Akkommodasie by Twin Gables Guest House | LekkeSlaap
+20
+20

Twin Gables Guest House

Gastehuis
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Henning Huizenstraat 8, Mamre, Kaapstad, 7347, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Twin Gables Guest House is geleë in Mamre, 'n klein dorpie tussen Darling en Atlantis en minder as 'n uur se ry van Kaapstad af. Dié 3-ster-instansie word deur 'n gesin bestuur en is al sedert 2009 af oop.

Die slaapkamers bied toegang tot en suite-, privaat of gedeelde badkamergeriewe. Al die kamers het lugversorging.

Die gastehuis bied veilige parkeerplek op die perseel agter geslote hekke, 24 uur-geslotekringtelevisie as sekuriteit. Geriewe sluit gratis WiFi en 'n Premium-pakket DStv in sekere kamers in. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar. Vir diegene wat verkies om hul eie etes voor te berei, is daar 'n volledig toegeruste gemeenskaplike kombuis beskikbaar. En daar is gemeenskaplike koffie- en teemaakgeriewe in die eetsaal wat 24/7 beskikbaar is sowel as 'n mikrogolfoond, yskassie en breekware en eetgerei.

Twin Gables Guest House se gemeenskaplike eetsaal en konferensielokaal het plek vir 30 gaste, wat dit ideaal maak vir verjaardagpartytjies, herdenkings en ander sosiale saamtrekke. Daar is ook 'n gemeenskaplike sitkamer en balkon op die boonste vloer waar gaste lekker onder die sambrele kan ontspan of 'n vleisie op die kole kan gooi (mits die weer dit toelaat).

Mamre was lank terug 'n Morawiese sendingstasie, so dié dorpie spog met 'n interessante koloniale geskiedenis en 'n hele paar nasionale monumente. Mamre is veral gewild onder stadsjapies wat wil kennis maak met 'n hegte gemeenskappie en eeu-oue tradisies. Sy ligging bied natuurlik ook gerieflike toegang tot die Weskus met sy veldblomme (in die lente), die Cloof, Darling Wine Cellar en Groote Post Winery, om maar net 'n paar van die besienswaardighede in die omgewing te noem.

Twin Gables Guest House bied 'n uitstekende wegbreek vir stadsjapies wat moeg is vir die gejaag en gedruis in die stad, en dit is net 60 kilometer van Kaapstad af. Bederf jouself met die rus en vrede wat net die platteland bied!

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Twin Gables Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Henning Huizenstraat 8, Mamre, Kaapstad, 7347, Wes-Kaap
  • Gaste dink Twin Gables Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Henning Huizenstraat 8, Mamre, Kaapstad, 7347, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFhYTNhY2RiLTkzZjEtNGFkMS05NWU0LTNkODQ3MTJkODYzNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 8 Henning Huizen Street Mamre 7347 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 11:00 -33.51673 18.47916
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za