Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Twin Greens

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Dave Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Jaar gelys 5

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 7 resensies vir Twin Greens
Netheid
3.9/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.1/5
Adriaan V - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adriaan V
Saam met vriende

Was lekker.

Was baie lekker gewees, die eienaar het baie moeite gedoen om ons daar welkom te laat voel. Sal maklik weer daar oorbly, pragtige uitsig oor die dam en golfbaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Tim V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tim V
Saam met vriende

Amazing.

My friends and I recently needed some relaxing “time-out” and had the pleasure of staying at Twin Greens for the weekend. Dave responded quickly to our enquiry and the booking process was quick and effortless. We thought he really went the extra mile to ensure that the Jacuzzi was perfectly heated and there was more than enough ice in the ice machine when we arrived. Even though we aren’t golfers, we found so much to do in the area upon Dave’s recommendation. What a tranquil setting with beautiful views! One instantly feels safe and calm when walking into the spacious and tastefully furnished home. Personally, I just fell in love with the Le Creuset cookware in the well-equipped kitchen! Our little dogs gleefully played in the big fenced-in garden which even has its’ own little beach in front of the dam and fountain. The two children slept on the extra comfy pull-out beds and were able to watch their own TV programmes on DSTV and Netflix in the rooms while the ladies indulged in chick flicks on the main big screen. The staff was very friendly and ever so helpful. We were sorry to leave this spot of happiness and will most certainly visit Twin Greens again. It gets a big thumbs-up ratio from all of us!!. Thank you so much.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Twin Greens se terugvoer

Thank you Tim for the positive review. It was a pleasure to host your group. Go well.

Twin Greens
Maryke C - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Maryke C

Ramp van 'n naweek. Sal hierdie nooit ooit vir iemand aanbeveel nie. Geen sterre sal eintlik ons gevoel oor hierdie huis en naweek verwoord.

Die foto’s en beskrywing op die webtuiste is ’n totale wanvoorstelling van die plek en wat jy kan verwag. Eerstens: Daar word nêrens aangedui dat hierdie ’n permanente woonhuis is wat verhuur word nie. Die hele huis is vol persoonlike items en foto’s. Elke kas en laai is vol goed. Die hoofslaapkamer is veral vol van die eienaar se persoonlike foto’s en besittings wat oral rondstaan en die laaie is propvol! Dit laat mens dadelik wonder of jy skoon handdoeke en beddegoed kry. Die wasgoedmandjie laat jou gril, so gemuf is dit. Die stortrakkies is aangepak en die baddens gevlek. Tweedens: Die yskas is vol van hul persoonlike kos en die rakke wat veronderstel is om 10 of meer mense se kos te moet kan bevat, was vieslik vuil. Die vrieskas het twee rakkies beskikbaar gehad vir ’n hele naweek se vleis vir 10 gaste. Ons moes uit ons kratte en houers van die grond af leef. Elke oppervlak in die kombuis is vol van die eienaar se persoonlike items (souse, eiers ens. ) gepak. Derdens: Die garage is propvol van hul persoonlike items en dit is onmoontlik om twee motors langs mekaar te kan parkeer. Vierdens: Die gordyne is verby gedaan en orals stukkend. Dis gevlek, vodde en bitter vuil. Vyfde: Die binneste en buitenste banke is ook vodde en deurgesit! Die banke buite is ook glad nie dié wat op die foto’s geadverteer word nie. Sesde: Die matte is nét so vieslik vuil. Sewende: Die houtdek buite word glad nie onderhou nie en gee mee op dele en lig op ander dele op. Agste: Die plek is nie troeteldier-vriendelik nie. Maak seker dat jou hond nie kan blaf nie. Negende: Die skoonmaker. Sy is ’n lieflike, vriendelike persoon, maar nadat sy vir haarself in die kombuis ontbyt kom maak het, haar eie wasgoed kom was en droog gemaak het, ons beddens opgemaak het en die oggend se skottelgoed gewas het, wat is die rede dan dat sy in die huis rondhang van 07:00 vm tot 15:00 nm? Ons het die naweek bespreek om tyd as gesin saam te spandeer en dit voel asof jy heeltyd dop gehou word. Weereens geen privaatheid nie! Tiende: Die stukkie gras waar mens die ekstra kar moet parkeer, is baie klein en jy klim letterlik in die plante in, as jy uit jou kar klim. Ons is uiters teleurgesteld in hierdie woning en naweek. Vir die buitensporige bedrag voel ons ingedoen en baie ontsteld.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Etienne F - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Etienne F

Pragverblyf op 'n prag plek!

Ons was 'n groep van 12 wat 'n troue in die omgewing moes bywoon en Twin Greens het aan al ons vereistes voldoen. Dave, die eienaar, het uit sy pad gegaan om ons verblyf so aangenaam moontlik te maak en die huishoudster, Thando, was 'n absolute ster! Die huis is baie luuks en ruim, volledig toegerus met als wat nodig is en ons het soos konings gebly. Ek kan Twin Greens nie sterk genoeg aanbeveel nie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johan V - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan V
Saam met vriende

Pragtige plek.

Die huis het vir seker aandag nodig, is ruim en hartlik. Waterdruk pateties en kon nie ons tweede motor in motorhuis parkeer nie a.g.v. te veel goed in die motorhuis.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Myrtle M - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Myrtle M

Die verblyf was aangenaam.

Die akkommodasie was voldoende. Die reëlings by die landgoed was in plek behalwe dat ons nie geweet het waar ons die sleutel moes kry nie. Die eienaar was nie fisies beskikbaar nie, maar hy het spoedig op my versoeke reageer en was baie tegemoetkomend.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Tanja D - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tanja D

Perfect place to find yourself again.

Nice open spaces to be with family.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Perfekte plek om jouself weer te vind.

Lekker oop spasies om met jou gesin te deel.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R7 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R7 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf
R7 500
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woodlands-sirkel 44, Pecanwood Landgoed, Broederstroom, 0240, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgoFI6ri7oqDljP9vEz72e6EB2UOQAjfT3uwMoD5P2Z2Umnx2Bb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 500 per nag (plek vir 12) 7 5 1 5 44 Woodlands Circle Pecanwood Estate 0240 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.769251642557 27.859554774492
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem