Twins Self-Catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Beskrywing

The Twins Self-Catering Accommodation bied bekoorlike verblyf in Vanderbijlpark, Gauteng net 500 m van die Emerald Resort en Casino af. Dit is ideaal vir 8 gaste en daar is 'n swembad, lapa met ingeboude braai, en 'n gemeenskaplike kombuis. Gaste kan kies tussen 3 kamer-eenhede.

Rejoice en Believe, het elkeen plek vir 2 volwassenes. Elkeen van dié kamers het 2 driekwartbeddens of 1 reuse koninggrootte-bed. 'n Ekstra matras vir 'n kind is beskikbaar op versoek. Elke kamer het 'n platskerm-TV met DStv (Gesinspakket), onbeperkte optiesevesel-internet, lugversorging, 'n horlosieradio, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n elektroniese kluis.

Joy het slaapplek vir 4 volwassenes. Dit is 'n ruim kamer, ideaal vir 'n gesin. Die kamer het 2 driekwartbeddens of 1 reuse koninggrootte-bed, en 1 dubbelbed. Daar is 'n groot platskerm-TV met DStv (Gesinspakket), lugversorging, onbeperkte optiesevesel-internet, 'n horlosieradio, lugversorging, WiFi, horlosieradio, yskassie, mikrogolf, eetgerei, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n elektroniese kluis. Die kamer het meer as genoeg kaste en pakplek.

Hierdie drie kamers is uniek en het pragtige konsertinadeure van hout wat oopmaak op die lapa-area met sy ingeboude braai en sprankelende swembad (swemhanddoeke is beskikbaar op versoek). Gaste kan die deure oophou in die middag om die verfrissende briesie binne te nooi en saans kan dit, en die dik gordyne, toegemaak word vir ekstra privaatheid. Rook is verbode. Die kamers word daagliks (behalwe op Sondae en openbare vakansiedae) skoongemaak. Elke kamer het 'n standaard badkamer met stort. Handdoeke word voorsien.

Die gemeenskaplike kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en al die gaste het toegang tot dit. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, gas/elektriese stoof en elektriese oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, en 'n wasmasjien-tuimeldroër. Daar is ook 'n ontbythoekie met plek vir 4 gaste. Gaste wat in Rejoice en Believe tuisgaan se eetgerei word in die kombuis gehou. Alhoewel die gastehuis ten volle ingerig is vir selfsorg is ontbyt beskikbaar teen R80 per persoon en aaandete teen R135 per persoon. Die kombuis bied privaat toegang tot die gastehuis met sy veilige sleutelbordtoegang.

Twins Self-Catering is net 'n kort entjie se ry van Virgin Active, Emfuleni Gholflandgoed, die Emerald Resort en Casino en Noordwes Universiteit af. Daar is veilige onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek met elektriese heining. Gaste kan ekstra sag slaap met die wete dat die perseel ook deur kameras beskerm word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Twins Self-Catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R810 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za