Tyger-Waterfront Cascades I 202

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tyger-Waterfront Cascades I 202 is 'n selfsorgwoonstel in Tygervallei Waterfront, Bellville, Kaapstad. Die moderne, volledig ingerigte woonstel is beskikbaar vir korttermyn-verblyf en spog met pragtige uitsigte oor Tyger Waterfront.

Die woonstel is pragtig versier en beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 'n enkelbed in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Linne word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die oopplan-leefarea het 'n volledig toegeruste kombuis, sitkamer met DStv en WiFi. Daar is 'n patio met buite-meubels en 'n pragtige uitsig oor Tyger Waterfront. Die kompleks het veilige ondergrondse parkeerplek vir gaste en 24 uur-sekuriteit.

Die woonstelle is ideaal geleë net 20 minute van die Kaapse middestad en V&A Waterfront af. Dis net 5 km van die Durbanville-wynroete af. Tyger Waterfront bied heelwat restaurante wat ontbyt, middagete en aandete bedien. Die Willowbridge Leefstylsentrum en Tygervallei Winkelsentrum is net 5 minute van die woonstelle af geleë en bied 'n groot verskeidenheid winkels en vermaak.

Slaapplek

'n Bespreking by Tyger-Waterfront Cascades I 202 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tyger-Waterfront Cascades I 202 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 080 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]