Bellville Akkommodasie by Tyger-Waterfront Riverside Lofts 1531 | LekkeSlaap
+6
+6

Tyger-Waterfront Riverside Lofts 1531

6 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 5)
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverside Lofts, Tyger Falls, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Tyger-Waterfront Riverside Lofts 1531 is 'n selfsorgwoonstel in Tygervallei, Bellville, Kaapstad. Die woonstel is op die grondvloer en is volledig toegerus vir korttermynverblyf en spog met die mooiste uitsig oor die omliggende vallei.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en dit beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea. Linne word voorsien. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Braaigeriewe is op die dek beskikbaar. Daar is DStv en veilige ondergrondse parkeerplek.

Dit is ideaal geleë net 20 minute van die Kaapse middestad en V&A Waterfront af. Die Durbanville-wynroete is 5 km ver. Riverside Lofts 1531 is langs die Tygerberg Natuurreservaat en bied die mooiste uitsigte. Tyger Waterfront bied heelwat restaurante wat ontbyt, middagete en aandete bedien. Die Willowbridge Leefstylsentrum en Tygervallei Winkelsentrum is net 5 minute van die woonstelle af geleë en bied 'n groot verskeidenheid winkels en vermaak.

Slaapplek

’n Bespreking by Tyger-Waterfront Riverside Lofts 1531 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 6 resensies vir Tyger-Waterfront Riverside Lofts 1531
Netheid
4.5/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Riverside Lofts, Tyger Falls, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tyger-Waterfront Riverside Lofts 1531 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverside Lofts, Tyger Falls, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJjOWE3NGQ1LTc0NmUtNGRhYy05NzIwLWVmYTJiZDcxOWU4Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (plek vir 5) 6 5 1 5 Riverside Lofts Tyger Falls 7530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.873827305868 18.629687726498
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za