Ubique Game Ranch

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ubique Game Ranch is 'n produserende wildplaas in Limpopo. Ons het 'n groot verskeidenheid wildspesies wat 12 verskillende tipes bokke, witrenosters en buffels insluit. Ons stel ook ons gaste voor aan ons gespesialiseerde buffel- en swartwitpens-teelprogramme.

Akkommodasie by Ubique is in een van ons vierster-lodges op die plaas. Ubique Safari Lodge is selfsorg en ideaal vir familiegroepe.

Elke chalet is toegerus met moderne geriewe, lugversorgers en kaggels vir daardie tikkie gerief en styl. Elkeen van die 3 chalets bestaan uit 'n groot kamer met 2 enkelbeddens, 'n ruim solderkamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer wat toegerus is met 'n stort en 'n pasgemaakte bad. Privaatheid en gerief is gewaarborg.

Sekelbos Lodge maak voorsiening vir groter groepe, klein sakefunksies en -werkswinkels. Absolute privaatheid word hier gewaarbog, die plek beskik oor al die nodige geriewe en dienste wat jy nodig het, en dit word omring deur die luisterryke bosveld.

Daar is 'n ruim sentrale eet- en sitkamer-area met 'n stylvolle kroeg waar jy rustig kan ontspan omgewe deur die lugversorgde lug wanneer dit warm is. In die winter sit gaste snoesig voor die kaggel. Die eetplek buite stel gaste in staat om die bosveld-uitsig saam met hul etes te geniet of saans onder die sterre te sit en eet. Die swembadjie is veral gewild gedurende die somer. Jy sal waarskynlik die meeste van jou tyd in een van ons lapas spandeer - hierdie ontspannings-areas omsoom die bekende Afrika-vuurmaakplek en die braaiplekke.

Ubique is sowat 200 km noord van Pretoria in Limpopo. Dit beteken Oliver Tambo-lughawe is net 2,5 ure se ry van ons af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ubique Game Ranch gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 360 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za