Uitkyk See Toe

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uitkyk See Toe is in 'n stil doodloopstraat in Reebok geleë en is net 800 m van Reebokstrand af.

Hierdie dubbelverdieping-vakansiehuis het 3 badkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte aantrekkamer, en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die 2 slaapkamers op die boonste verdieping lei na 'n houtbalkon met uitsigte oor die see in die verte. Daar is ook 'n tweede badkamer met 'n bad en stort.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond met 'n stoof, wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met DStv.

Daar is 'n braai-area en parkeerplek van die straat af voor die huis. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar teen 'n addisionele koste.

Die huis is 25 km vanaf George se Garden Route Mall, 15 km vanaf Mosselbaai se Langeberg Mall en net 10 km van Hartenbos af. Reebok-strand is net 800 m hiervandaan en is 'n pragtige, groot strand waar 'n mens lekker kan gaan wandel. Daar is 'n getypoel waar kinders kan speel en visvang. Die huis is binne 'n 5 km-radius vanaf 'n Super Spar, vulstasie en restaurant.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uitkyk See Toe gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za