Uitvlugt Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Holingsberg Uitvlugt Farmhouse is 'n ou plaashuis wat pragtig gerestoureer is. Die huis is op die plaas Elandslaagte naby Dullstroom in die Mpumalanga-provinsie geleë.

Die plaashuis is in 'n pragtige tuin met ou populier- en eikebome geleë wat lekker baie skaduwee in die warm somer voorsien. Die huis het 4 groot dubbelkamers, 3 bykomende enkelbeddens, 2 en suite-badkamers en 2 gedeelde badkamers.

Die plaashuis het 3 sonnige sitkamers met kaggels wat oor die plaas en damme uitkyk. Daar is ook 'n groot eetkamer en 'n ruim plaaskombuis met 'n ingeboude braaiplek.

Holingsberg se plase bied ook die geleentheid om te jag. Die plase kan te voet of met 'n bergfiets verken word of gaste kan luilekker op die stoep sit en 'n skemerkelkie drink terwyl die son oor die vallei sak. Holingsberg is 'n wonderlike wegbreekplek vir kunsvlieghengel-entoesiaste en natuurliefhebbers.

Slaapplek

'n Bespreking by Uitvlugt Farmhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uitvlugt Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 005 per nag (vir 13 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za