Uitzicht Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uitzicht Game Lodge is 'n privaat wildreservaat in die prentjiemooi Oos-Vrystaat, 350 km van Johannesburg af en net 12 km buite Fouriesburg. Die lodge bied wonderlike uitsigte oor die Maluti-berge en is die tuiste van meer as 16 verskillende wildspesies.

Die lodge het slaapplek vir 80 gaste in eenhede wat wissel van selfsorg-eenhede tot luukse kamers. Daar is 'n kroeg-area, 'n swembad en 'n lapa by die hooflodge met pragtige uitsigte oor die Maluti-berge.

'n Trou- en konferensie-venue is ook beskikbaar. Hierdie moderne saal kan 160 trougaste en 120 gaste vir 'n konferensie akkommodeer. Daar is 2 staproetes rondom die plaas, een van 18 km en een van 9 km en dit bied uitstekende uitsigte.

Daar is verskeie besienswaardighede in en om Fouriesburg. Gaste kan die juweel van die Vrystaat, die prentjiemooi Clarens, besoek wat beskryf word as 'n groot oopplan-winkelsentrum vir kunsliefhebbers. Golden Gate bied uitsonderlike uitsigte en perdritte, en is die tuiste van meer as 100 voëlspesies. Gaste kan ook die Basotho Kultuurdorpie besoek.

Die Katsedam is nie ver van die lodge af nie, en is die tweede grootste dam in Afrika. Die dam is deel van die Lesotho Hooglande Waterprojek en is werklik iets om te aanskou.

By die Oxbow Ski-oord in Lesotho kan gaste ysklim en ski, maar neem kennis dat 'n paspoort nodig is vir toegang. Daar is ook verskeie gholf- en rolbalbane in Fouriesburg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uitzicht Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false