Ukuthanda Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ukuthanda Game Lodge is omring deur Bosveld en net 2 ure se ry van Johannesburg af wat dit die perfekte wegbreek vir gesinne en groepe maak.

Ukuthanda beteken "om lief te hê" in Zoeloe en beskik oor 4 chalets met lugversorging wat slaapplek vir 8 gaste bied. Elke chalet het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer, en 'n buite-stort is ook beskikbaar. Linne, ekstra komberse en badhanddoeke word voorsien, en gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond en mikrogolfoond toegerus, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Let asb. op dat rook nie in die kamers of kombuis toegelaat word nie. Koffie- en teemaakgeriewe en beskuit word voorsien, en die koffiestasie word daagliks skoongemaak. Ys word ook voorsien.

Gaste kan lekker in die plonspoel afkoel - oppas net vir die wild wat ook soms hier hulle dors kom les - en saans in die boma om die vuur kuier. Vuurmaakhout word vir die boma voorsien. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Ukuthanda Game Lodge maak van sonpanele gebruik, so gaste moet asb. krag spaarsamig gebruik. 'n Kragopwekker is beskikbaar indien nodig.

Die lodge het 2 fietsryroetes en gaste sal blesbokke, rooibokke, njalas, wildebeeste, koedoes, sebras en meer kan raaksien. Die omliggende Bosveld het ook 'n hele rits inheemse voëlspesies, soos jakkalsvoëls en trompetvoëls.

Ukuthanda is die tuiste van die Ubuntu Wildlife Sanctuary NPC en toere is op versoek beskikbaar. Dit spesialiseer in die rehabilitasie van groot roofdiere en is 'n permanente tuiste vir diere wat uit swak lewensomstandighede verwyder is.

Slaapplek

'n Bespreking by Ukuthanda Game Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ukuthanda Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 400 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za