Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Umhlanga Cabanas

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 91, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Umhlanga Cabanas bied gerieflike selfsorgvebrlyf in die gesogte residensiële, kommersiële en vakansieoord dorp, Umhlanga, wat slegs 20 minute van Durban sentraal af is. Die oord is om die gemeenskaplike swembad en netjiese tuine ontwerp en bied geriewe vir die hele gesin.

Verblyf is beskikbaar in 2 tweeslaapkamerwoonstelle met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders in die sitarea. Elke woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het toegang tot 'n tweede badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 slaapbanke in die sitkamer geskik vir kinders onder 12 jaar. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n oond, stoof en 'n mikrogolfoond. Die sitkamer het 'n TV en lei na 'n balkon.

Die oord bied 'n Jacuzzi, WiFi, 'n gemeenskaplike swembad en braai-area, 'n speletjieslokaal, 'n klimmuur, sauna, stoomkamer, putt n play, 'n hyser, pool-tafel, tafeltennis, arkade-speletjies, 'n wassery, speelkamer en doendinge vir kinders. Die ligging bied ook toegang tot restaurante, winkels, Umhlanga-strand en houtpaadjie.

Let asb. dat groepbesprekings (waarvan die besetting van verskeie eenhede meer as 10 gaste in die geselskap beloop) nie by hierdie oord toegelaat word nie aangesien die gebou/oord nie geskik is daarvoor nie. Hierdie reël verseker dat alle gaste 'n aangename ervaring het.

Gedurende die studenteweek word persone onder 25 jaar nie toegelaat sonder om deur 'n persoon ouer as 25 vergesel te word nie, regdeur die verblyftyd.
Gedurend hierdie week, is 'n breekskadedeposito van R3000 met inklok betaalbaar. Indien jy in die proses is om 'n bespreking te maak, of bespreek het vir die doel van die studente, kontak asb. die besprekingskantoor om alternatiewe reëlings te maak.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

3.4 uit 5van 6 resensies vir Umhlanga Cabanas
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
2.3/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Lagoon-rylaan 91, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 91, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA74cb775facddbc9295d9d1647020020acd62fac9c797026896d9e85d7d7b58230ab33cd3455300ab4a26b4aa6488a78868d6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6) 6 5 1 4 91 Lagoon Drive Umhlanga 4319 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -29.713169943192 31.091497241734