Umkomaas Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die dutjiesdorp Umkomaas word omring deur 'n welige groen gholfbaan met 18 putjies. Plaaslike inwoners groet vriendelik en as jy sit en die luisterryke see-uitsigte bewonder voel dit vir jou asof die tyd stadiger loop.

Umkomaas Guest House is die ideale vakansiebestemming. Ons is geleë op die Umkomaas Gholfbaan se 3de bof met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan. Ons is ook naby aan die duikskole vir duikers wat Aliwal Shoal (na bewering onder die beste tien duikplekke in die wêreld) wil besoek. Haaiduike is veral gewild hier (moenie bekommerd wees nie, die manne met die baie tande is gewoonlik ten minste 5 km van die kus af!). Jy kan selfs snorkel in 'n haaihok as jy die swarttip-, skeurtand en hamerkophaaie (om maar net 'n paar te noem) wil sien. Visse, dolfyne en seeskilpaaie is natuurlik altyd in die omgewing te sien, en in die somer sal jy klomp walvisse sien.

Geniet die sonskyn regdeur die jaar in hierdie subtropiese klimaat. Gedurende Junie en Julie is dit 'n bietjie kouer en kan besoekers die jaarlikse sardienloop aanskou. Dolfyne, haaie, roofvisse en witmalgasse drom gewoonlik in groot getalle saam.

Ontspan in ons tuin of swem in ons 100,000 liter swembad. Dit is 'n vriendelike huis wat deur die familie bestuur word, stapafstand van die strand af. Ons het 6 slaapkamers: 5 is aan die seekant en 1 het 'n uitsig oor die see. Elke kamer is toegerus met 'n en suite-badkamer, lugversorging, stil yskassie, TV, DVD-speler, haardroër, koffie en teemaakgeriewe, en is natuurlik skoon en smaakvol versier. Parkeerplek is beskikbaar op die ommuurde perseel.

Ons sien altyd daarna uit om gaste hier te verwelkom. Ons is geleë aan KwaZulu-Natal se Suidkus, 45 km suid van Durban en 90 km van King Shaka Internasionale Lughawe af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umkomaas Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za