Clansthal Akkommodasie by Umkomazi Beach House | LekkeSlaap
+40
+40

Umkomazi Beach House

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. Helierweg 15a, Widenham, Umkomaas, 4023, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Umkomazi Beach House is 'n stylvolle strandhuis met pragtige see-uitsigte. Dit bied absolute privaatheid en 'n rustige ligging in Umkomaas aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Dié strandhuis het al die nodige selfsorggeriewe van hoë gehalte wat goeie linne, gemaklike leerbanke, 'n moderne kombuis met baie plek in die yskas en spens, 'n Nespresso-koffiemasjien, privaat badkamers en agtergrondmusiek insluit. Die beste deel is dat daar nie 'n TV is nie. Daar is wel goeie 3G-selfoonsein.

Die huis het 3 en suite-slaapkamers waarvan 2 saam 'n groot eenheid vir 'n gesin met kinders kan vorm. Die hoofslaapkamer is apart en het 'n buitestort. Daar is 3 koninggrootte-beddens en 1 koningingrootte-bed wat altesaam slaapplek vir 8 gaste bied. Elke slaapkamer het 'n see-uitsig en kyk uit oor die swembaddek. Die huis het oorgenoeg ruimte en taamlik groot slaapkamers. Gaste kan kies of hulle binne, buite, voor of agter die huis wil eet en ontspan, afhangend van die weer.

Die huis het ekstra breë skuifdeure wat na 'n groot swembaddek met 'n 14 m-lange swembad as fokuspunt lei. Die interieur bestaan uit eklektiese meubels en afwerkings van leer, rottang, rou hout en natuurlike leiklip. Die mure is met interessante kunswerke deur die eienaar, 'n kunstenaar, versier. Ontspan met die geluid en reuk van die see en bewonder skouspelagtige sonsopkomste en sonsondergange van die dek af. Alle linne, badhanddoeke, badseep, sjampoe en opknapper word voorsien.

Umkomazi Beach House is sowat 6 ure vanaf Johannesburg, sowat 40 minute vanaf Durban en sowat 11 minute vanaf Scottburgh wat die naaste kusdorp is. Daar is rotspoele by die strand direk onder die huis en 'n sandbaai waar 'n mens kan swem en branderplankry. Om die strand te bereik moet 'n mens die spoorweg oorsteek. As gaste in ’n suidelike rigting stap, sal hulle deur ellelange, pragtige en ongerepte strande begroet word.

Alhoewel ons instansie troetelvriendelik is, word gaste versoek om asb. hul vereistes i.v.m. hul troeteldiere vooraf met ons te bespreek. Ons onthaal slegs byeenkomstes van familie of vriende, en nie troues of enige ander funksies nie.

Daar is beperkte parkeerplek vir 2 tot 3 klein voertuie.

Slaapplek

’n Bespreking by Umkomazi Beach House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Umkomazi Beach House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • St. Helierweg 15a, Widenham, Umkomaas, 4023, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Umkomazi Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. Helierweg 15a, Widenham, Umkomaas, 4023, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVlNDU4MzhkLTdmYzQtNGY2Yy05NDQ3LTYxYTdmODk2NjE1NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 15a St Helier Road Widenham 4023 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-17:00 10:00 -30.21926 30.79722
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za