Marlothpark Akkommodasie by Umphakathi Self-catering | LekkeSlaap
+33

Umphakathi Self-catering

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Civet-laan 2806, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Umphakathi Self-catering bied 'n rustige wegbreek in die ongerepte bosveld van Marlothpark, 'n wildbewarings area en vakansiedorp teen die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Dié park is 'n gewilde oorslaapplek vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis en bied die geleentheid om 4 van die Groot 5 raak te loop.

Dié bekoorlike huis beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en bied slaapplek aan 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-hemelbed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed op die onderste verdieping. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed slaap 4 op die boonste verdieping. Twee van die slaapkamers het en suite-badkamers en die derde badkamer is op die onderste verdieping.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser. Ekstra geriewe sluit 'n TV met WiFi en Netflix, 'n plonspoel, braai-area en piekniektafel op die dek in. Dié area word gereeld deur wild besoek weens die dam en voerbak wat vanaf die huis en dek gesien kan word.

Doendinge in die omgewing sluit wildritte, wild- en voëlkyk, 4x4-roetes en voetslaan in.

Slaapplek

’n Bespreking by Umphakathi Self-catering sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 4 resensies vir Umphakathi Self-catering
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Civet-laan 2806, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Umphakathi Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Civet-laan 2806, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA40cae9577fdeed0dc1bb829d75a46b09345ca13e5086666a39672061fa71e74b3e62bc8c987f06b1c35d3f8540f640a769a2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 700  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 2806 Civet Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.34072 31.79329
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za