Pongolapoortdam Akkommodasie by Umsumpe Game Farm | LekkeSlaap
+8

Umsumpe Game Farm

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Umsumpe Wildplaas, Magut, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Umsumpe Game Farm is in die hartjie van die historiese Zoeloeland naby Pongola geleë. Dié plaas is teen die Magutberge en die R66. Die Magutberge grens aan Pongola op die R66, Nongoma en Ulundi. Die wildplaas is 253 hektaar.

Verblyf word gebied in 6 stylvolle chalets met slaapplek vir 18 gaste. Elke chalet het 3 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer, 'n waaier. Linne en handdoeke word voorsien. Tee- en koffiemaakgeriewe is beskikbaar in klein kombuisie.

Die chalets deel 'n gemeenskaplike kombuis wat goed toegerus is, asook 'n kuierarea met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, gasketel, kombuisware, eetgerei, breekware en kookarea. Let asseblief daarop dat ons van sonkrag en gasgeisers gebruik maak.

Umsumpe Game Farm is ideaal vir 'n wegbreek uit die besige stad. Doendinge sluit jag met 'n pyl en boog of geweer, bergfietsry, voetslaan en selfry-wildritte in. Gaste kan 'n vierwielmotorfiets saambring en die uitsigte op die berge geniet. Daar is ook verskeie wild op die plaas te sien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 3 resensies vir Umsumpe Game Farm
Netheid
4.7/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Umsumpe Wildplaas, Magut, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Umsumpe Game Farm het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Umsumpe Wildplaas, Magut, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmNGY0MzA4LWEwNDEtNGFkZS05ZjY3LWVlMDc0Yzg3Njk0Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 4 Umsumpe Game Farm Magut 3170 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.525422447764 31.661180108786
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za