UMuzi Ondini

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

uMuzi Ondini is in die eMakhosini-vallei geleë en is getrou aan ware, tradisionele Zoeloe-styl omring deur 'isibayo', oftewel veekampe. Daar is 'n kroeg wat die middelpunt van ons gesellige kuierarea vorm. Na 'n doenige dag kan jy om die knetterende vuur onder die Afrika-sterrehemel ontspan.

Die verblyf bestaan uit 7 en suite-huisies, 1 gesinshuisie en 'n 2-enkelbedhuisie met aparte, gemeenskaplike ablusiegeriewe. Elke huisie is uniek van buite en het moderne geriewe wat jou verblyf gerieflik en onvergeetlik sal maak. Geriewe sluit plafonwaaiers en TV's met plaaslike kanale en gedeelde DStv in. Koffie- en teemaakgeriewe word ook voorsien.

Die huisies word daagliks skoongemaak en 'n wasgoeddiens is op versoek beskikbaar. uMuzi het 24 uur-sekuriteit en onderdakparkeerplek vir jou voertuig. uMuzi maak voorsiening vir alle gaste, van enkelreisigers tot toergroepe, en maaltye word in 'n moderne kombuis of oor 'n oop braaivuur voorberei.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na UMuzi Ondini gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 220 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za