Umzumbe Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Umzumbe Chalets bied selfsorgverblyf in chalets wat in 'n veilige deelblokkompleks in die kusdorpie Umzumbe geleë is. Die oord is in die inheemse woud teen die berg geleë en het 'n uitsig oor die majestueuse Indiese Oseaan. Vanaf Junie tot Desember word daar soms suidelike noordkapperwalvisse in dié oseaan gewaar.

Die selfsorgchalets het 2 verdiepings en slaapplek vir 6 gaste en is smaakvol gemeubileer. Elke chalet het 2 slaapkamers bo met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer, en 2 enkelbeddens in die slaapkamer onder. Daar is plafonwaaiers vir die warm somersdae en ekstra komberse vir die winter.

Die chalets het elk 'n kombuis met moderne toebehore wat 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, breekware en eetgerei insluit. Die leefkamer het 'n TV met DStv-toegang, maar gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder en slimkaart bring.

Die Umzumbe Chalets Resort het ook 2 swembaddens, 'n groot, oop lapa met 'n gemeenskaplike braai-area, kuierkamer met 'n pooltafel, tafeltennistafel en 'n kroeg. Die oord het ook 'n restaurant en 'n gimnasium.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umzumbe Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za