Under the Oak Tree Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Under the Oak Tree Apartment bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel met slaapplek vir 3. Die woonstel is pragtig gemeubileer en is in 'n woonstelblok in Stellenbosch se middedorp. Dis veral ideaal vir toeriste, 'n paartjie, atlete of sakereisigers.

Die woonstel het 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens wat saam geskuif kan word, 'n nuutopgeknapte badkamer met 'n moderne stort, en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis het 'n mikrogolf, yskas, broodrooster en warmplaat. Die etenstafel het sitplek vir 4 en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. 'n Slaapbank is beskikbaar vir 'n derde gas of kind. Daar is nie wasgoedgeriewe in die woonstel nie, maar wel wasgoeddienste in die dorp. Die woonstel is op die eerste verdieping en die gebou het nie 'n hysbak nie. Parkeerplek is beskikbaar.

Under the Oak Tree Apartment is stapafstand vanaf die mall, flieks, gimnasium, kuierplekke, koffiewinkels, restaurante, wynboetieks, Coetzenburg Atletiekstadion, kurio- en ander winkels. Die Universiteit is net 2 blokke van hier af en die Botaniese Tuin is reg agter die woonstelblok. Jonkershoek Natuurreservaat is sowat 9,4 km ver, 'n ideale plek vir bergfietsry en voetslaan. Gaste kan die dorp te voet verken, fietse huur, of na talle wynplase in die omgewing ry.

Slaapplek

'n Bespreking by Under the Oak Tree Apartment sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Under The Oak Tree Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za