Lawrence Rocks Akkommodasie by Unit 16 Villa Del Sol | LekkeSlaap
+9

Unit 16 Villa Del Sol

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Marinerylaan en Finnisweg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R825 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Unit 16 Villa Del Sol is 'n volledig gemeubileerde selfsorgwoonstel in die veilige Villa Del Sol-kompleks in 'n afgeleë area van Margate, maar tog stapafstand vanaf die middedorp. Die kompleks is naby Margate se hoofstrand, visvangpier en getypoel.

Dié eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort-oor-bad en die tweede badkamer het 'n stort.

Die woonstel het lugversorging en die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die eenheid bied toegang tot 'n patio met buitemeubels en braaigeriewe.

Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig. Die eenheid word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad, onthaalarea, sauna en wasgoedgeriewe wat met munte werk.

Slaapplek

’n Bespreking by Unit 16 Villa Del Sol sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Op die hoek van Marinerylaan en Finnisweg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R825
per nag (plek vir 4)
Vanaf R825
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Marinerylaan en Finnisweg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXkAMasrK9ZDvg8a2diKXFVx02NjhkCZA5eXr2pAziFdGKLT9e8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R825  per nag (plek vir 4) Corner of Marine Drive and Finnis Road Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.870824692891 30.366011842922
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za