Unit 22 @ Doornkop Fish and Wildlife Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Unit 22 @ Doornkop Fish and Wildlife Reserve is ’n selfsorg-chalet in die Doornkop Vis- en Wildreservaat, slegs 27 km vanaf Carolina in Mpumalanga. Dis die ideale wegbreek vir ’n gesin of groep vriende wat op soek is na gerieflike verblyf uit die stad, maar steeds naby verskeie doendinge.

Die chalet bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. 2 van die slaapkamers het dubbelbeddens en die ander 2 kamers het enkelbeddens. Die eerste badkamer het ’n bad en die tweede badkamer het ’n stort.

Die kombuis is goed toegerus en daar is ook ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitarea het ’n kaggel, TV met volledige HD DStv en ’n kroeg-area. Die leefarea lei na ’n stoep met 'n braai-area en die chalet word daagliks skoongemaak.

Die Doornkop Vis- en Wildreservaat se klubhuis bied gemeenskaplike swembaddens, tennisbane en ’n speletjieskamer. Basiese kruideniersware en hout kan ook hier aangekoop word.

Doendinge in die reservaat sluit perdry, voetslaanpaaie, bergfietsrypaaie, voëlkyk, kunsvlieghengel in enige van die 8 damme en wildritte in. Die reservaat huisves 15 soogdierspesies en 203 voëlspesies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Unit 22 @ Doornkop Fish And Wildlife Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za