Up On Ocean

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 25 % af

Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vanaf 23 Jun 2019 tot 13 Jul 2019.

Beskrywing

Up On Ocean is 'n losstaande strandhuis in 'n groot privaat tuin. Dit is die ideale plek om weg te breek van alles af. Dit is baie privaat en bied direkte toegang tot Chakas Rock-strand. Die Chakas Rock-getypoele is net 'n paar honderd meter se stap op die strand en die Salt Rock-hoofstrand, met sy lewensredders, is ook naby.

Dié huis het slaapplek vir 7 volwassenes en 2 kinders. Daar is 'n skoonmaker wat op die perseel woon, weg van die hoofhuis sodat gaste se privaatheid steeds gerespekteer word.

Die huis het 3 slaapkamers. Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die derde kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed vir 'n kind. Daar is 'n ekstra matras onder die bed vir 'n tweede kind.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg. Daar is 2 sitareas sodat gaste genoeg plek het om te ontspan. Die dek het 'n lieflike see-uitsig wat dit die perfekte plek maak om jou oggendkoffie of skemerkelkie te geniet.

Parkeerplek is agter 'n heining op die eiendom beskikbaar. Daar is ook 'n alarm indien gaste dit wil gebruik.

Slaapplek

'n Bespreking by Up On Ocean sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 volwassenes en 1 kind
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Up On Ocean gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 100 R2 325 per nag (plek vir 9)

Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vanaf 23 Jun 2019 tot 13 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]