Upmarket Azure On Big Bay Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Upmarket Azure On Big Bay Apartment is 'n pragtige selfsorgwoonstel met 'n uitsig op die berg en oor die see. Dit is op die tweede verdieping van die veilige Azure on Big Bay-kompleks in die hartjie van Big Bay geleë en is perfek vir gesinsvakansies, paartjies of sakereisigers.

Die Azure on Big Bay-kompleks is naby die strand, winkels, en openbare vervoer. Die MyCiTi-busroete is op die kompleks se drumpel. Big Bay Mall en die Waterfront is oorkant die pad en bied 'n verskeidenheid restaurante. Daar is 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks.

Die moderne, lugtige woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n weelderige koningingrootte-bed en vars linne. Die tweede slaapkamer het 2 gemaklike driekwartbeddens. Daar is oorgenoeg stoorplek in die kas, en 'n haardroër, elektroniese kluis, bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Die eenheid het onbeperkte, gratis WiFi en Netflix op die slim-TV. Die oopplan-kombuis en -sitarea bied toegang tot 'n groot, toegeboude balkon met 'n etenstafel en sitplek vir 6 gaste. Gaste kan ook die asemrowende uitsig op Tafelberg en oor die Atlantiese Oseaan van hier af geniet. Daar is 2 veilige, aangewese onderdakparkeerplekke vir die woonstel.

Kom geniet die son en see by hierdie gerieflike woonstel.

Slaapplek

'n Bespreking by Upmarket Azure On Big Bay Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Upmarket Azure On Big Bay Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 220 R1 098 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za