Upper Cross 18

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Upper Cross 18 is 'n drieslaapkamerhuis wat sentraal geleë is in Mosselbaai met gerieflike slaapplek vir 5 gaste. Kom ontspan in dié huis by die see en aanskou die lieflike see-uitsigte saam met jou gesin en vriende.

Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed, die volgende kamer het 1 enkelbed en die laaste slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n gedeelde badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n volledig toegeruste kombuis met pragtige kombuiskaste wat gaste kan gebruik. Daar is boonop ook kroegstoele, 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Verder is daar 'n groot sitkamer met rusbanke en 'n koffietafel. Daar is 'n platskerm-TV met DStv. Gaste het toegang tot 'n propaan-braai wat jy ook op die pragtige balkon buite kan gebruik terwyl jy die vars seebriesie en lieflike uitsigte bewonder. Daar is 'n motorhuis en alarmstelsel om jou gemoedsrus te gee.

Die huis is net 5 minute se stap van die punt of die waterkant af. Besienswaardighede sluit in die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai Gholfklub, Ochre Barn, The Old Joinery, die oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildplaas en Botlierskop Privaat Wildreservaat. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en valskermspring.

Slaapplek

'n Bespreking by Upper Cross 18 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Upper Cross 18 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za