Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Upstairs Selfsorg Akkomodasie

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oerder-straat 8, Parow-Noord, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Upstairs Selfsorg Akkomodasie is sentraal in Parow-Noord se bodorp geleë en bied maklike toegang tot die N1. Dit is slegs 20 minute se ry vanaf die lughawe en 3 km vanaf Panorama Medikliniek. Louis Leipoldt-, Karl Bremmer-, Tygerberg- en die N1 Stad Hospitaal is ook binne 'n radius van 2 tot 8 km. Tygervallei Winkelsentrum is 10 minute se ry weg en Canal Walk is ook naby. Dit is die ideale plek vir vakansies, sakebedrywighede of hospitaalbesoeke.

Upstairs bied private verblyf in 3 ruim, stylvolle selfsorg-eenhede. Die eenhede is elkeen toegerus met 'n koningingrootte-bed. 100% Katoenlinne en handdoeke word ook voorsien. Elke eenheid het 1 slaapkamer en aparte badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort. Die boonste eenheid het ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea.

Die eenhede het ook elkeen 'n oopplan-kombuis en 'n woonkamer met gemaklike banke en stoele. Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, induksieplate of tweeplaatstofie, oondjie, yskas, ketel, broodrooster, braaipan, eetgerei en breekware. Elke eenheid se ruim leefkamer het 'n groot platskerm-TV met DStv en gratis WiFi. Daar is ook 'n binne-braai vir kouer aande in die boonste eenheid en buitebraaigeriewe op 'n groot balkon. Die onderste eenheid het 'n houtdek. Die kamer op die grondverdieping met 'n en suite-badkamer is beskikbaar vir ekstra gaste. Die kamer is onder by die parkeerarea geleë en kan slegs bespreek word saam met die onderste of boonste eenheid teen 'n ekstra koste.

Bewonder ook die pragtige uitsig op Tafelberg en Leeukop vanaf die balkon en houtdek. Gaste kan gerus wees met veilige parkeerplek en 'n veiligheidshek met afstandbeheer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 93 resensies vir Upstairs Selfsorg Akkomodasie
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Oerder-straat 8, Parow-Noord, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Upstairs Selfsorg Akkomodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oerder-straat 8, Parow-Noord, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYzMTliMmZjLWUwZmEtNDcyOS1hYWNiLTc5YjhhNzkyNjFhMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 93 5 1 5 8 Oerder Street Parow North 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.885615650824 18.588373312177