Umhlanga Ridge Akkommodasie by Urban Park Apartment | LekkeSlaap
+13

Urban Park Apartment

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meridian-rylaan 60, Umhlanga Ridge , 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Urban Park Apartment is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n veilige gebou in Umhlanga Ridge geleë is. Die eenheid bied slaapplek vir 4 volwassenes en is ideaal geleë naby verskeie besienswaardighede.

Die woonstel is ten volle ingerig en dit beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer bied 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer bevat 2 enkelbeddens wat saamgeskuif kan word. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus met die nodige toebehore vir die voorberei van maaltye en boonop is daar ook 'n was- en tuimeldroogmasjien. Komplimentêre koffie, tee, sjampoe en stortgel word voorsien.

Die sitkamer het 'n TV vir vermaak. Daar is ook veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Verder het die gebou 'n gemeenskaplike gimnasium en binnenshuise swembad, 'n restaurant op die grondvloer en nog baie ander fasiliteite.

Urban Park Apartment is naby die Gateway-winkelsentrum, 2 privaat hospitale en dis ongeveer 2 km van die strand af.

Slaapplek

’n Bespreking by Urban Park Apartment sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Selfsorg
  • Gimnasium

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

2.8 uit 5van 1 resensie vir Urban Park Apartment
Netheid
3.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
2.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Meridian-rylaan 60, Umhlanga Ridge , 4319, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meridian-rylaan 60, Umhlanga Ridge , 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYzM2E5YjZiLWYxY2QtNDYxYy04MzRkLTc0YjcyMjFlMzdjYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 4) 1 5 1 3 60 Meridian Drive Umhlanga Ridge 4319 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.718004414218 31.066009998322
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za