Urban Sanctuary

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Urban Sanctuary is in Groenpunt geleë en bied gehalteverblyf aan 'n sakereisiger of paartjie op vakansie. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié stylvolle woonstel het 'n koningingrootte-bed, 'n stort in die kamer en 'n aparte toilet en wasbak. Daar is 'n klerekas met genoeg spasie.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, 'n Nespresso-masjien, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en gratis WiFi is beskikbaar. Dit lei na 'n groot binnehof waar gaste hul oggendkoffie kan geniet.

Groenpunt is ryk aan geskiedenis en is naby die V&A Waterfront, Seepunt se promenade, Groenpunt se park en De Waterkant. Urban Sanctuary is naby die ikoniese Giovanni's Cafe wat heerlike ontbyt en koffie bedien. Die instansie is ook stapafstand vanaf verskeie restaurante en kuierplekke, en slegs 'n Uber-rit weg vanaf die middestad, Tafelberg en verskeie wit strande.

Slaapplek

'n Bespreking by Urban Sanctuary sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Urban Sanctuary gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za