LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Utopia Nature Estate 51 Buffelspoort | LekkeSlaap
+24

Utopia Nature Estate 51 Buffelspoort

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grootfonteinplaas, Erf 3, Kothuis 51 Utopia Natuurreservaat, Buffelspoort, 0350, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 700 per nag (vir 7 persone)

Beskrywing

Utopia Nature Estate 51 is ’n rustieke tripelverdieping-kothuis in ’n privaat natuurreservaat met ’n fantastiese uitsig op die berge en die riviervallei.

Die kothuis het sonkrag, en gebruik dus nie Eskom-elektrisiteit nie. Daar is slaapplek vir 7 gaste in 3 slaapkamers, en daar is 2 badkamers. Spesiale reëlings kan getref word vir draagbare beddens vir klein kinders.

Die hoofslaapkamer is bo-op die hoofleefarea geleë en het ’n ekstra lang koningingrootte-bed met ’n klein Juliette-balkon waar jy lekker kan ontspan en die uitsig geniet. Kyk hoe die son in die ooste opkom en luister na die geluide terwyl die vallei ontwaak. Dit is perfek vir 'n romantiese naweekwegbreek vir 2.

Die ander 2 slaapkamers onder die hoof-leefarea; dit is soos ’n aparte woonstelletjie, en daar is ’n badkamer tussen die 2 kamers wat geskik is vir tieners of paartjies. Een van die kamers het ’n koningingrootte-bed en enkelbed, en die ander een het 2 enkelbeddens. Om na die hoofleefarea bo uit te kom vanaf die woonstel onder, moet gaste om die huis loop na die agterdeur loop.

Die kothuis het sonkragbeligting, houtvuurkaggel binne en ’n vuurput buite, ’n gaskoker asook gas warm water. Daar is 2 hoofsit- en -eetareas, en ’n balkon voor met ’n fantastiese uitsig. Verder is daar ’n agterstoep met ’n ingeboude braai-area, ou Weber-ketelbraai en vuurput. Omdat daar so min lig in die area is, is dit die perfekte plek om satelliete en sterre te kyk. Al die deure en vensters het nuwe diefwering vir veiligheid. Kinders moet ten alle tye onder ouertoesig wees, aangesien daar steil kliptrappe en balkonne is.

Daar is ’n groot half olimpiese-grootte swembad en 2 addisionele vlakker swembaddens vir kinders op die perseel, 2 nuwe tennisbane en ’n nuwe minigholfbaan. Gaste kan ook voetslaan, fietsry en tjoepry op die rivier. Kry 'n permit en durf die Magaliesberge aand.

Aangesien die kothuis aan die voet van die berg geleë is, en langs die Mountain Club of South African properties, kan gaste lang en rustige stappies op die perseel landgoed van 120 hektaar neem. Hulle kan ook met ’n MCSA-permit toegang verkry tot die Tonquani, Sederberg, Boulders Kloof en die res van die Magaliesbergreeks - ’n UNESCO-biosfeer - via die hek op die perseel. Die kothuis is slegs 90 minute se ry vanaf Randburg of Pretoria-Oos.

Slaapplek

’n Bespreking by Utopia Nature Estate 51 Buffelspoort sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir Utopia Nature Estate 51 Buffelspoort
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Grootfonteinplaas, Erf 3, Kothuis 51 Utopia Natuurreservaat, Buffelspoort, 0350, Noordwes
  • Gaste dink Utopia Nature Estate 51 Buffelspoort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 700
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R2 700
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grootfonteinplaas, Erf 3, Kothuis 51 Utopia Natuurreservaat, Buffelspoort, 0350, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf0vCgXQq8VDTYbo0YrEVarzK6Zu1OLMKZNMkfC3u8GhYT1aSeR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 700  per nag (vir 7 persone) 2 5 1 5 Farm Grootfontien, Portion 3 Utopia Nature Estate 51 Cottage 0350 Noordwes 086 999 0018 13:00-19:00 11:00 -25.81945 27.47684
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!