Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Utopia Springerbaai

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Melkhouthoek 95, Springerbaai Eko-Landgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Utopia is ’n grasdakvakansiehuis en woonstel, dis pragtig ingerig en word omring deur fynbos op 'n eko-landgoed naby die natuur. Dit is sowat 27 km vanaf Mosselbaai op die Tuinroete en 400 km van Kaapstad af. George Lughawe is net 65 km ver.

Verblyf beskik oor die Utopia Huis en Utopia Woonstel. Daar is slaapplek vir 8 persone in twee dubbelkamers en twee 2-enkelbedkamers. Die 3 badkamers is mooi ingerig en het 'n stort of 'n bad en daar is 'n gaste-toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Die huis is 'n selfsorgeenheid en het 'n groot volledig toegeruste kombuis met 'n eilandtoonbank en 'n aparte opwaskamer met 'n dubbelwasbak. Die gerieflike leef-, eet- en kroegareas is oopplan en daar is 'n kaggel. 'n TV met DStv is beskikbaar. Die braaiplek is bereikbaar van binne en van buite. Die eenheid genereer sy eie elektrisiteit vir kleiner toebehore en daar is 'n gasstoof vir kosmaak en 'n gasgeyser vir warm water. Gaste word herinner dat die huis dubbel-volume is en moet versigtig wees wanneer die trappe gebruik word.

Die woonstel is geskik vir 2 volwassenes en 1 kinder onder 14 jaar. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed, slaapbank, 'n en suite-badkamer met 'n stort, linne, handdoeke, 'n TV met DStv, 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Let daarop dat die eienaars op die erf in 'n aparte kothuis woon bo die motorhuis en sal nie 'n steurnis tot jou privaatheid wees nie.

Bloukraanvoëls, sekretarisvoëls, reiers, en baie ander voëlspesies is hier te bespeur - besoekers bring dikwels ure deur in die skuiling langs die dam. Sebras, bontebokke, springbokke, en baie ander wild is ook hier te sien. Van Junie tot Oktober maak noordkapperwalvisse en dolfyne 'n draai hier.

Sit gerus op die veranda en verlustig jouself in die asemrowende see-uitsig. Gaan stap rustig langs die see op die skoon strand, al wat tussen jou en die strand staan is 'n 500 m lange plankpaadjie. Kyk hoe die son opkom en sak. Aangesien dit 'n eko-landgoed is, het nie straatligte nie en motorfietse, vierwielmotorfietse en troeteldiere word nie toegelaat nie. Hier groei net inheemse plante so jou rus sal nie deur grassnyers versteur word nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Switsers

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 4 resensies vir Utopia Springerbaai
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Willi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Jaar gelys 8

Ligging

  • Melkhouthoek 95, Springerbaai Eko-Landgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Utopia Springerbaai het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Melkhouthoek 95, Springerbaai Eko-Landgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAR1qLbtweHeYKtjkZvGONyvai4y4KVfs61QFXo6YJVr3HlNto7V?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 95 Melkhouthoek Springerbaai Eco Estate 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.244486061577 21.923787742853
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem