Uvongo Chalet 8

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uvongo Chalet 8 is in 'n veilige seekantkompleks in Uvongo, 'n kusdorpie in die hartjie van die Hibiskuskus. Die dorp bied die ideale ligging om die goue strande en kuslyn van KwaZulu-Natal te verken en is bekend vir pragtige strande, natuurlike woude en subtropiese klimaat.

Die ten volle gemeubileerde woonstel bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die woonstel het 2 badkamers wat elk 'n bad en 'n stort het.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser toegerus en daar is 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eenheid het 'n TV en 'n wasmasjien, en daar is parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis. Die kompleks het 'n swembad en 'n see-uitsig.

Die area bied ook van die beste geleenthede om te snorkel en te duik in die warm Indiese Oseaan met 'n verskeidenheid seelewe. Ander doendinge sluit branderplankry, seilvaart, kanovaart, waterski en wildkyk in.

Slaapplek

'n Bespreking by Uvongo Chalet 8 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  •  Troeteldiere indien gereël

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uvongo Chalet 8 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R610 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za