Uvongo Chalets 12

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uvongo Chalets 12 is 'n selfsorg-dupleks in die Uvongo Chalets-kompleks naby die strand, winkels en restaurante in Uvongo.

Die dupleks bied slaapplek aan 3 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en enkelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet, asook 'n wasmasjien.

Die kombuis is op die onderste verdieping en is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en platskerm-TV teen die muur met OpenView HD kanale. Die sitarea lei na 'n stoep met buitesitplek wat uitkyk op die swembad. Die boonste slaapkamer lei ook na ‘n balkon met jou eie stukkie see uitsig

Die Uvongo Chalets-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad met ‘n braai area en veilige onderdak parkeerplek. Die kompleks is slegs 500 m vanaf Uvongo se strand, 5 km vanaf die Hibiscus Mall, 6 km vanaf die Southcoast Mall en 4 km vanaf Shelly Centre.

Slaapplek

'n Bespreking by Uvongo Chalets 12 sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uvongo Chalets 12 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za