Uvongo Holiday House - Craighall 1 and 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uvongo Holiday House - Craighall 1 en 2 aan die Suidkus bied lieflike akkommodasie net 'n kort entjie se stap van Beacon Rocks se strande af. Gaste kan op die strand ontspan, of winkels en restaurante in die area verken. Die rustige omgewing sal 'n aangename tydjie by ons verseker.

Craighall 1 en 2 is twee aparte huise langs mekaar op dieselfde erf. Die gesamentlike kapasiteit van die eenhede is 24 mense, so die eenhede kan saam of apart bespreek word, siende dat die eenhede genoeg privaatheid bied. Daar is lieflike uitsigte oor die erf, ons is omtrent 400 m vanaf Uvongo se hoofstrand geleë. Craighall 1 en 2 is ten volle toegerus, lieflik gemeubileerd en hier heers 'n rustige vakansie-atmosfeer. Die huise het alarmstelsels om jou veiligheid te verseker, en daar is nie misdaad in die area nie. Dit is ruim en 'n mens kan nie veel nader aan die oseaan wees nie!

Craighall 1:
Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers, 2 van die kamers het koningingrootte-beddens en die ander kamer het 2 driekwartbeddens. Daar is 2 ekstra enkelbeddens in die leefarea om slaapplek te bied vir 8 gaste (lugversorging in hoofslaapkamer). Daar is 'n aparte TV-kamer, sitkamer, kroeg en werk-area in geval jy jou werk wil saambring. Oopplan-kombuis met 'n skottelgoedwasser en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer en sitkamer-/kombuisarea beskik oor lugversorging en daar is ook 'n sitarea buite met 'n braai.

Daar is 'n aparte kothuis buite wat saam met hierdie eenheid bespreek kan word. Dit bied slaapplek aan 4 gaste. Daar is lugversorging in die kamer en die badkamer het ’n stort.

Craighall 2:
Hierdie eenheid beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het bedkassies, lampe, kaste en 'n waaier. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lampe, ingeboude kaste en deel 'n badkamer met die tweede kamer (slegs 'n bad). Die vierde kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelstapelbed wat geskei en sy aan sy geplaas kan word. Die sitkamer-anneks het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus vir al jou behoeftes met 'n skottelgoedwasser, oond en yskas. Oopplan-eetarea, TV-kamer en kroeg. Die waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Groot motorhuis wat gedeel word met die gaste in Craighall 1.

Daar is wasgoedgeriewe en 'n motorhuis-area op die perseel.
Al die nodige linne word voorsien, maar bring asb. jou eie bad- en swemhanddoeke. Handdoeke word nie voorsien nie. Rook is verbode binnenshuis en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. ’n Openview OHD-dekodeerder met alle kanale is in elke huis geïnstalleer. Bring gerus jou eie DStv-dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saam. Dit is nie geskik vir Explora-dekodeerders nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uvongo Holiday House - Craighall 1 And 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 650 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za