Margate Akkommodasie by Uvonka | LekkeSlaap
+15

Uvonka

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Collinsstraat 51, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 020 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Uvonka is 'n selfsorghuis in Uvongo en dit bied slaapplek aan 6 gaste.

Die huis het 3 slaapkamers met 'n see-uitsig en deel 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Die 1 badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n kothuis met 1 slaapkamer op die perseel. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n etenstafel. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer is toegerus met TV en lei na 'n patio met 'n see-uitsig. Daar is 'n DStv-koppelpunt en gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Explora sal ongelukkig nie werk nie. Alternatiewelik kan gaste die dekodeerder in die huis gebruik teen ’n ekstra koste.

Daar is 'n gasskottelbraai. Let asseblief daarop dat die Jacuzzi nie tans gebruik kan word nie. Rook in die huis is verbode.

Die area is ideaal vir bergfietsry, stap, visvang, skuba- en haaihokduik, asook as walvis- en dolfynkyk.

Slaapplek

’n Bespreking by Uvonka sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Ligging

  • Collinsstraat 51, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 020
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 020
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Collinsstraat 51, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5dee41cd2d9952540bbfbcc06fad2c33f0bf6164fadf4503f5addb24d8eafee906685c0d5dce7b542d1190586a3a2566b9bd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 020  per nag (plek vir 6) 51 Collins Street Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.830016 30.400182
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za