Uylenvlei Retreat and Conference Centre

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uylenvlei Retreat and Conference Centre bied verblyf op die fynbospad tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai. Dit is ideaal vir groepe of gesinne.

Gaste het 'n keuse tussen die selfsorg-eenhede, Strandveld-kamers of die plaaskamers. Die kamers het óf enkelbeddens, óf 'n dubbelbed óf 'n koningingrootte-bed en bied slaapplek aan 2 tot 5 gaste.

Die kamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort. Die kombuisie in elke eenheid is met 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Party van die kamers het ook TV's. Neem asb. kennis dat rook in die kamers is verbode.

Uylenvlei Retreat and Conference Centre het konferensiegeriewe met plek vir 80 afgevaardigdes en 'n trou-venue met plek vir 80 gaste.

Die oord spog met 'n sonverhitte-swembad, braaigeriewe en 'n boma. Uylenvlei vorm ook deel van 'n voetslaanroete. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uylenvlei Retreat And Conference Centre gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false