Uysparadys @ Keurboomstrand

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uysparadys @ Keurboomstrand is die onderste deel van ons ongekunstelde kothuis wat tussen reuse melkhoutbome, net 50 m vanaf 'n privaat strand op 'n 10 hektaar-landgoed in Keurboomstrand geleë is. As jy rus en vrede soek, is Uysparadys die plek vir jou.

Dié oopplan-eenheid het 'n dubbelbed en stapelbed (veral geskik vir kinders). Die kombuisie is toegerus met yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstofie, elektriese ketel, broodrooster, breekware, eetgerei, kastrolle ens. Daar is 'n tafel om by te werk of te eet. Die badkamer het 'n stort, toilet, en wasbak.

Uysparadys het 'n stoep met 'n tafel, stoele en braaigeriewe. Die ligging is ideaal vir natuurliefhebbers en slegs sowat 1 km vanaf die gewilde Arch Rock via die strand. Die kusgebied om Uysparadys is 'n hengelaars-paradys met ongerepte strande waar jy ook kan snorkel, branders ry en sonbaai.

Dít verseker ons jou: 'n besoek aan Uysparadys is 'n onvergeetlike ervaring.

Slaapplek

'n Bespreking by Uysparadys @ Keurboomstrand sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uysparadys @ Keurboomstrand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za