Vaal Rivier Vakansiehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vaal Rivier Vakansiehuis is op dieselfde eiendom as die River Lodge, tussen Sasolburg en Parys geleë. Soos die naam aandui, is dit op die oewer van die Vaalrivier geleë.

Vaal Rivier Vakansiehuis is 'n dubbelverdieping-grasdakhuis met 3 slaapkamers, 'n solderarea en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde kamer beskik elk oor 'n dubbelbed en die tweede badkamer het 'n bad. Daar is 2 ekstra enkelbeddens in die solderarea.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, 'n oond en oorgenoeg ingeboude kaste met eetgerei en breekware.

Die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n eetkamertafel met sitplek vir 8. Die eetarea lei na 'n stoep met 'n buite-eetkamerstel en daar is ook 'n semi-ingeslote houtdek met ingeboude braaigeriewe en gemaklike sitplek.

River Lodge bied hoë bome en groot grasperke op die rivieroewer waar gaste lekker kan piekniek en visvang. Die Vakansiehuis is sowat 100 meter vanaf die rivierfront.

Slaapplek

'n Bespreking by Vaal Rivier Vakansiehuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vaal Rivier Vakansiehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 600 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false