Strand Akkommodasie by Vale do Lobo G1 Da Gama Strand | LekkeSlaap
+37
+37

Vale do Lobo G1 Da Gama Strand

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Strandweg, Da Gama 1 , Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Vale do Lobo G1 Da Gama Strand is 'n lieflike woonstel wat sentraal op die Strand Golden Mile geleë is. Die woonstel is ideaal geleë vir 'n wandel langs die strand en is stapafstand vanaf restaurante, soos Ben's on the Beach en De Brasserie.

Dié luukse woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea, -leefarea en -kuierarea. Die eerste en tweede slaapkamers het albei koninggrootte-beddens, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis het 'n ontbythoekie, dubbelopwasbak en skottelgoedwasser, en is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, stoof, ingeboude oond en mikrogolf. Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Gaste het toegang tot 'n wasgoedlyn buite.

Die kuierarea het 'n TV met DStv, gemaklike leerbanke en 'n volledig toegeruste kroeg met kroegstoeltjies. Die leefarea het 'n etenstafel met 6 stoele en daar is ook 'n oopplan-studeerkamer met gratis WiFi.

Die beskutte balkon bied privaatheid en lieflike strand- en see-uitsigte. Daar is 'n braai-area op die voorstoep, asook 'n plonspoel.

Daar is parkeerplek op die perseel voor die woonstel beskikbaar en daar is ook 'n privaat ingang na 'n dubbelmotorhuis vanaf De Beersweg.

Slaapplek

’n Bespreking by Vale do Lobo G1 Da Gama Strand sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Vale do Lobo G1 Da Gama Strand
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Strandweg, Da Gama 1 , Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vale do Lobo G1 Da Gama Strand het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Strandweg, Da Gama 1 , Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkzZTYxMDhmLTFjOGQtNDIwNy05MjVlLTc0NDY3YjA2NDNhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Beach Road 1 Da Gama 7139 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 09:00 -34.109015906397 18.821557725315
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za