Valetta @ Waterkant

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Valetta @ Waterkant bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde, opgeknapte kothuis in die modieuse De Waterkant-buurt. Hier kan gaste lieflike uitsigte oor die stad en op Tafelberg vanaf die privaat dakterras geniet of lustig in die binnehof langs die kombuis aan hul oggendkoffie teug.

Dié stylvolle huis beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die eerste en tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 3 en suite-badkamers waarvan 2 'n bad en 'n stort het en die derde badkamer het slegs 'n stort. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en 'n ontbyttoonbank. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel en 'n sitarea met 'n TV. Daar is WiFi, sekere DStv-kanale, lugversorging en 'n Nespresso-koffiemasjien.

Die klein patio voor die huis is die ideale plek vir 'n laatmiddagdrankie en gaste kan in die pragtige buurt met sy verskeidenheid restaurante, kroeë en straatkafees wandel. Daar is verskeie doendinge in die omtrek soos 'n gholfbaan, die Two Oceans Akwarium, V&A Waterfront, die Kaapse middestad, pragtige strande en Tafelberg se kabelspoorweg. Die huis is 21,5 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af en lughawependeldienste is beskikbaar op versoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Valetta @ Waterkant sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Valetta @ Waterkant gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za