Valeur on Willow

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Valeur on Willow bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n eenslaapkamerwoonstel op 'n residensiële eiendom waarop die eienaars woon. Dié eiendom is in die welvarende woonbuurt, Northcliff, in Johannesburg geleë. Valeur on Willow is ideaal vir 'n klein gesin, paartjies, sakereisigers of gaste wat 'n bietjie langer wil bly.

Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en baie kasspasie, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. 'n Slaapbank is ook beskikbaar en is ideaal vir 2 klein kinders. Die woonstel het 'n privaat ingang en is apart van die hoofhuis.

Gaste het eksklusiewe gebruik van die swembad, die lapa met gasbraaigeriewe en die tuinarea by die woonstel. Die tuin is ideaal vir natuurliefhebbers en kinders wat wil hardloop en speel.

Die woonstel is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Valeur on Willow sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Valeur On Willow gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za